Oudtshoorn Courant

Braaidag vir Kunste Onbeperk-personeel

-

Inwoners van Oudtshoorn en besighede in die dorp het verlede Vrydag ‘n spesiale braaidag vir die personeel van Kunste Onbeperk gehou.

Volgens Jaco Vorster, ‘n lid van die besigheids­kamer, het ‘n “lukrake groep mense” besluit om die braai te reël om die personeel van Kunste Onbeperk te wys die dorp gee om.

“Elke jaar, vir 24 jaar, werk hierdie groep mense besonder hard om ‘n uitsonderl­ike kunstefees na die dorp te bring. Ek weet nie hoeveel mense ooit vir hulle dankie sê of hoeveel mense regtig hul moeite waardeer nie. Die braai is maar net ons as dorp se manier om vir hulle te wys ons gee om, ons ondersteun hulle en ons sal hulle help om van dié fees ‘n sukses te maak.”

Volgens Hugo Theart, waarnemend­e hoof van Kunste Onbeperk, is dit vir hulle as personeel ‘n baie spesiale gebaar.

“Ons werk regtig hard, maar gebare soos die

 ??  ?? Personeel van Kunste Onbeperk.
Personeel van Kunste Onbeperk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa