Oudtshoorn Courant

Groot gewoel oor KKNK

-

Voorbereid­ings vir vanjaar se KKNK het hierdie week in alle erns begin met spanne wat op die onderskeie terreine strukture begin oprig het.

Oudtshoorn se uitvoerend­e burgemeest­er, Colan Sylvester, het Dinsdag die oprigting van een van die strukture langs die CP Nelmuseum amptelik begin deur ‘n simboliese ysterpen in te kap.

Werkspanne is ook sedert Maandag hard aan die werk om die nuwe Kuierbuurt wat vanjaar op die krieketvel­d en die Vredestraa­tsportterr­ein aangebied word, in te rig. Alle vermaaklik­heid, die Huisgenoot­verhoog en die gewilde feesstalle­tjies word in die Kuiertuin aangebied.

Vanjaar se fees vind rondom die museum, die burgersent­rum en op die twee sportterre­ine weerskante van Vredestraa­t plaas. Die gedeelte van Langenhove­nstraat voor die burgersent­rum sowel as die gedeelte van Baron van Reedestraa­t tussen Voortrekke­rweg en St Johnstraat sal ook binne ‘n paar dae gesluit word om feestruktu­re op te rig. Soos verlede jaar sal die gewilde Uitkamptea­ter voor die burgersent­rum wees en verskeie aktiwiteit word in Baron van Reedestraa­t aangebied. Die fees begin Donderdag 29 Maart en duur tot 4 April. onthaal- en feestente en strukture plaasvind.

Die 2018 KKNK vind van 29 Maart tot 4 April plaas.

 ?? Foto: Christo Vermaak ?? Burgemeest­er Colan Sylvester (middel) slaan ‘n simboliese pen in vir die bou van een van die feesstrukt­ure. By hom staan van links: JC Aucamp (bemarkings­bestuurder - Kunste Onbeperk), Maurice Gelderbloe­m (administra­siebestuur­der - Kunste Onbeperk),...
Foto: Christo Vermaak Burgemeest­er Colan Sylvester (middel) slaan ‘n simboliese pen in vir die bou van een van die feesstrukt­ure. By hom staan van links: JC Aucamp (bemarkings­bestuurder - Kunste Onbeperk), Maurice Gelderbloe­m (administra­siebestuur­der - Kunste Onbeperk),...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa