Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn-rolbalklub by Statebonds­pele

- CHRISTO VERMAAK

Elmar Davies, Eden se Protea-speler en lid van die Oudtshoorn­rolbalklub, is na die afgelope interprovi­nsiale vroue-rolbalkamp­ioenskap in Oudtshoorn gekies om Suid-Afrika by die Statebonds­pele te verteenwoo­rdig.

Die 2018 Statebonds­pele vind in die Australies­e hawestad, Goudkus, plaas.

Drie spelers uit die 20 spanne wat van Maandag 12 Maart tot Vrydag 16 Maart op plaaslike bodem in aksie was, is vir die span gekies. Davies is die enigste Eden-speler wat die span gehaal het.

Die Eden-span het ‘n agtste plek in die Blouafdeli­ng gehaal, waar hulle teen die Rooi-afdeling gekompetee­r het.

Oostelike Provinsie het die Blou-afdeling gewen en Vrydag in die eindstryd teen die Rooi-afdeling se wenners, Boland, in die eindstryd gespeel.

Boland het die toernooi gewen.

 ??  ?? Elmar Davies speel haar plek los om na die Statebonds­pele te reis.
Elmar Davies speel haar plek los om na die Statebonds­pele te reis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa