Oudtshoorn Courant

Tussenverk­iesing: kandidate bekend gemaak

- CHRISTO VERMAAK

Vier kandidate wat die munisipale Wyk 13 se vakante setel gaan beveg, se name is bekend.

Kiesers in Oudtshoorn se munisipale wyk 13 gaan op Woensdag 30 Mei weer terug stembus toe. Die tussenverk­iesing vind plaas na die afsterwe van DA-raadslid Pieter Luiters.

Macellis Theyse (DA), Romeo Prins (EFF), Micheal Wagenaar (ANC) en Daniel Oppels (ACDP) is sover bekend vier van die kandidate wat vir hul onderskeie partye wyle Luiters se setel gaan beveg.

Courtney Sampson, die Wes-Kaapse onafhankli­ke verkiesing­skommissie (OVK) se verkiesing­shoof, het Woensdag gesê die inskrywing van kandidate het gesluit. “Die kandidate se besonderhe­de word nou deur die OVK nagegaan. Ons behoort teen Maandag 14 Mei te weet wie hulle is.”

Die DA-, EFF-, ANC- en ACDP-kandidate se name is deur hul onderskeie politieke partye aan die Oudtshoorn

Courant bekend gemaak. Volgens LP Tertuis Simmers, DA-verkiesing­shoof en woordvoerd­er vir die tussenverk­iesing, het gesê, “stemwerwin­g het reeds begin en die kiesersrol vir die tussenverk­iesing is op Saterdag 3 Mei afgeteken.

Die speaker van die raad, Julia le Roux Krowitz, het Maandagogg­end gesê: “Volgens my kennis gaan Sarco ook deelneem aan die verkiesing.”

Die Oudtshoorn Courant kon nie van Sarco bevestigin­g kry oor of hulle wel gaan deelneem nie.

Die stemlokale vir die tussenverk­iesing is St. Simons Kerk en die Bridgtonva­kansieoord.

Ongeveer 3 700 kiesers het geregistre­er om hul kruisie te trek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa