Oudtshoorn Courant

Plaaslike dokter finalis vir Integrity Idol

- LIEZL VAN NIEKERK

‘n Groot eer het dokter Mirja Delport te beurt geval na sy onlangs vir Integrity Idol 2018 genomineer is.

Integrity Idol is ‘n wêreldwye veldtog wat gestig is om eerlike beamptes in die regering krediet te gee vir hul werk. Volgens Integrity Idol se webtuiste wil hulle demonstree­r hoe belangrik eerlikheid en verantwoor­delikheid is. Die veldtog het in 2014 in Nepal begin.

Delport is een van vyf Suid-Afrikaanse finaliste.

Sy is 29 jaar oud en het in 2015 aangesluit as mediese offisier by die Oudtshoorn­hospitaal.

“Ek is vreeslik opgewonde oor hierdie veldtog. Dit is ‘n positiewe veldtog en ek dink dit kan ander mense aanspreekl­ikheid vir hul dade leer. Die veldtog gaan oor integritei­t. Die afgelope paar jaar was baie staatsampt­enare negatief in die nuus uitgebeeld. Korrupsie is aan die orde van die dag en dit laat dit lyk asof niemand wat vir die staat werk meer integritei­t het nie. Dit is hoekom ek glo in die veldtog. Om vir die wêreld te wys dat nie alle staatsampt­enare dieselfde is nie en dat daar nog van ons is wat die regte ding kan doen.”

Delport het as kind in Elsiesrivi­er grootgewor­d.

“Nee, nie in die goeie dele van Elsiesrivi­er nie, in die flats waar misdaad seëvier. Ek hoop deur wat ek bereik kan ek ‘n voorbeeld wees vir ander kinders wat in dieselfde omstandigh­ede grootword. Sodat hulle kan sien jy hoef nie ryk te wees om ‘n dokter te wees nie. Jy mag maar in Elsies grootword, jy mag maar arm wees. Jy moet net glo in jouself en dat jy ‘n verskil kan maak.”

Delport sê sy sien nie haar werk as werk nie.

“Om ‘n dokter te wees is ‘n diens wat ek lewer vir die gemeenskap om hulle lewens te verbeter. Ons is public servants. Dit is nie bloot iets wat mens doen vir ‘n salaris nie. Om ‘n dokter te wees is ook veel meer as net genesing. Jy spandeer tyd saam met ‘n pasiënt, wen sy vertroue en deel sy pyn en lyding. Dan probeer jy tot die beste van jou vermoë, en met soveel menslikhei­d moontlik om dit vir hulle beter te maak. Dit is wat dit vir my beteken om ‘n dokter te wees.” Integritei­t is ook bo-aan Delport se baie sterk waardesist­eem. “Integritei­t gaan nie oor een groot ding wat jy doen nie. Dit is al die klein goedjies wat mens deurentyd doen. Dit beteken ook dat, maak nie saak hoe moeg en oorwerk jy is nie, jy moet altyd almal dieselfde hanteer.” Die gemeenskap word gevra om vir Delport as Integrity Idol 2018 te stem. Om vir haar te stem kan ‘n SMS met die nommer 4 aan 45736 gestuur word. Of stuur ‘n WhatsApp met die nommer 4 na 078 195 8385. Besoek ook ‘n webtuiste by http://www. integrityi­dol.org/countries/ south-africa/ om die video van Delport te kyk.

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Dokter Mirja Delport is ‘n finalis vir Integrity Idol 2018.
Foto: Liezl van Niekerk Dokter Mirja Delport is ‘n finalis vir Integrity Idol 2018.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa