Oudtshoorn Courant

45 duiwe sedert Maart gesteel

- LIEZL VAN NIEKERK

Dit blyk dat ‘n nuwe tendens van duiwediefs­tal in Oudtshoorn posvat. Twee persone het die afgelope week met die

Oudtshoorn Courant gepraat na hul erwe, in drie aparte voorvalle, onwettig betree is en hul duiwe gesteel is.

Die jongste voorvalle was in Oudtshoorn­Noord na daar by ‘n duiweteler, wat in Noord woon op 30 April en 1 Mei se hokke ingebreek is. Daar is 20 skouduiwe (vier wyfies en 16 mannetjies) by hom gesteel.

Volgens die teler, wat nie geïdentifi­seer wil word nie omdat hy bang is sy duiwe kan weer geteiken word, beloop die skade ongeveer R50 000.

“Ek teel al 40 jaar met duiwe en het al 20 jaar die hokke op my erf en dit was regtig ‘n eerste vir my. Met die laaste voorval was ek en my gesin by die huis gewees en was ek net ‘n uur te vore by die hokke om te kyk dat als reg is. “

Volgens hom lyk dit of dit ‘n profession­ele persoon was wat presies geweet het wat hy doen.

“Die hokke is op so ‘n manier oopgebreek dat die duiwe nie sou skrik vir die skielike geluid nie. Die persoon het sy hand onder die draad ingedruk en die duiwe een vir een uit hul aparte hokkies gehaal. Daar het nie eens ‘n veer agtergebly nie,” het hy vertel.

Volgens hom het al die duiwe, mannetjies en wyfies, wit koppies.

“Dit is ‘n baie duidelike kenmerk van die duif. Dit is dus nie moeilik om hulle tussen ander uit te ken nie. Al die duiwe het ook ringetjies om hul pootjies wat wys dat hulle by die Suid-Afrikaanse Sierduifve­reniging geregistre­er is.”

Die teler sê om die tipe duiwe te teel is ‘n geweldige duur stokperdji­e en moet ‘n mens ‘n liefde daarvoor hê.

“Baie mense sal sê ja dit is seker maar net duiwe, maar vir ons wat daarmee teel, vir wie dit ons passie is, is dit nie net duiwe nie.”

Die teler sê hy bied ‘n beloning aan vir enigiemand met inligting oor die duiwe.

Enigiemand met inligting kan ao. Van Loggenberg by 083 976 8811 skakel.

Brendon-Lee Plaatjies, ‘n inwoner van Bridgton, is die eienaar van vlieg- en skouduiwe en 25 van sy duiwe is in Maartmaand gesteel.

“Ek het my duiwe by ‘n man gekry wat hulle van Tibet af invoer. Dit is regtig spesiale duiwe en is baie geld werd.”

Volgens hom was hy weg vir ‘n naweek toe daar by sy hokke ingebreek is.

“By ons was dit kinders gewees. Ek het al een van my duiwe wat weggevlieg het by een van die jong seuns gekry. Hy was nogal arrogant en hy het gesê dat ek nie bewyse het dit is hy wat die duiwe gesteel het nie. Ek was ook by die polisie, maar die polisie het gesê ek moet kan bewys dat hulle ingebreek het by my.”

Plaatjies sê persone wat duiwe aanhou moet bewus wees van wat in hulle buurte aangaan.

“Beveilig die hokke maar so goed as moontlik, maar hou ook die strate dop as jy by die huis is. Partykeer is daar baie rondlopers wat kyk wat in ‘n mens se erf aangaan. Ek glo ook die mense wat die duiwe steel, as is dit kinders, is mense wat weet dat skou- en vliegduiwe baie waarde en daarom steel hulle dié tipe duiwe.”

 ?? Foto’s verskaf ?? Twee wyfies van die skouduifte­ler in Noord.
Foto’s verskaf Twee wyfies van die skouduifte­ler in Noord.
 ??  ?? ‘n Broeipaar van Brendon-Lee Plaatjies se vliegduiwe is onder die 25 duiwe wat by hom gesteel is.
‘n Broeipaar van Brendon-Lee Plaatjies se vliegduiwe is onder die 25 duiwe wat by hom gesteel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa