Oudtshoorn Courant

TWEE MIL JOEN liter water per dag weg

- CHRISTO VERMAAK

Inwoners van Oudtshoorn is woedend nadat die munisipali­teit Woensdag bekend gemaak het dat hulle reeds vir meer as 'n maand weet dat die dorp kosbare water teen 'n tempo van ongeveer 83 000 liter per uur verloor. Die onrusbaren­de nuus oor 'n stukkende waterpyp by die Raubenheim­erdam is Woensdag tydens

'n spesiale raadsverga­dering aan die media bekend gemaak. Verdere rede tot kommer is dat die totale inhoud van die Raubenheim­erdam binne twee dae sal verdwyn indien die pyp heeltemal sou bars. Die raad is Woensdag meegedeel dat dringende risikobest­uur nou toegepas word terwyl bykans twee miljoen liter water per dag uit die stukkende pyp stroom.

Die reuselekka­sie is in die hoofwatert­oevoerpyp in 'n ondergrond­se waterafvoe­rkanaal by die wal van die Raubenheim­erdam.

Ten spyte van die feit dat die waterverli­es reeds langer as 'n maand aan die departemen­t tegniese dienste bekend is, is Oudtshoorn­iete nie daarvan in kennis gestel nie. Sonder om die lekkasie te verklaar is op 20 April slegs 'n kennisgewi­ng uitgereik wat lees: "Kennis geskied hiermee dat waterbeper­kings en droogtetar­iewe tot verdere kennisgewi­ng geïmplemen­teer sal word, aangesien die gekombinee­rde watervlak van die Raubenheim­erdam en Melvilleda­m minder as 50% is."

Inwoners het nie gehuiwer om hulle woede oor die weerhoudin­g van hierdie uiters belangrike inligting op sosiale media te lug nie.

Die gort was ook in die raadsaal gaar toe raadslede Woensdag hoor dat die krisis reeds op 6 April bekend was, maar eers 'n maand later aan die raad oorgedra is.

Die direkteur tegniese dienste, Chris Koch, het verduideli­k dat 'n geskikte kontrakteu­r, wat die standaard van werk kan doen, geïdentifi­seer moes word. "In samewerkin­g met Lyners Raadgewend­e Ingenieurs, moes ons die omvang van die skade bepaal en 'n behoeftebe­paling doen, waarna 'n verslag aan die raad opgestel is."

“Indien die pyp meegee kan die dam, wat tans 38% vol is, binne twee dae leeg loop en Oudtshoorn sonder water laat.”

Die portefeulj­eraadslid vir tegniese dienste, Johan Fourie, het die raad gevra om onmiddelli­k R3,5 miljoen beskikbaar te stel om die ramp te voorkom. Die geld sal aangewend word om 190 meter pyp binne die kanaal, vier kleppe en 20 meter staalpyp na die inloop van die kanaal te vervang.

Alhoewel die finansieri­ng met 'n 12 DA teenoor agt ANC en Icosa stem goedgekeur is, het Koch en Fourie deurgeloop onder die opposisie se vrae.

Die opposisie wou die normale tenderpros­edure sy gang laat gaan. Fourie het verduideli­k dat daar teen tyd geveg word en dat 'n tenderpros­es van 90 dae rampspoedi­g kan wees.

Koch het die raad meegedeel dat alle beskadigde pype vanaf die Mellvilled­am herstel is.

"Met aanvang van die werk aan die Raubenheim­erdam se waterafvoe­r, sal water van die Mellvilled­am na Oudtshoorn herlei word.

Die dam se waterinhou­d is genoeg om die dorp vir 30 dae van water te voorsien."

Koch het aan die Oudtshoorn Courant gesê dat voorbereid­ingswerk om die pyp te vervang reeds vandag (1 Mei) sal begin. "Lyners Raadgewend­e Ingenieurs en Transand is Woensdag aangestel om die werk te doen."

Koch het Donderdag aan die Oudtshoorn

Courant verduideli­k dat die water wat tans uit die pyp lek, in die Grobbelaar­srivier inloop. In antwoord op vrae oor hoekom die waterdruk nie saans verminder word, om water te spaar nie, het hy gesê: "Die reservoirs moet saans gevul word.

"Daar moet te alle tye genoegsaam water in die reservoirs wees om die dorp vir 48 uur van water te voorsien."

Lyners Raadgewend­e Ingenieurs en Transand is Woensdag aangestel om die werk

te doen.

 ??  ?? Die ingang na die kanaal waarin die beskadigde pyp geleë is. SIRKEL: Ongeveer 83 000 liter water stroom reeds langer as ‘n maand uit die beskadigde waterpyp. Die water is bedoel vir Oudtshoorn se gebruik.
Die ingang na die kanaal waarin die beskadigde pyp geleë is. SIRKEL: Ongeveer 83 000 liter water stroom reeds langer as ‘n maand uit die beskadigde waterpyp. Die water is bedoel vir Oudtshoorn se gebruik.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa