Oudtshoorn Courant

Lamppaal stuit dief se jaagtog

- HANNES VISSER

‘n Motordief se jaagtog om van die polisie weg te kom is Dinsdagogg­end deur ‘n lamppaal beëindig waarna die dief te voet gevlug het. Hy is ‘n ruk later naby Rademeyers­traat aangekeer waar hy langs die rivier weggekruip het.

Volgens Lodewyk Jonck wat in Oewersig woon, het hy Dinsdagogg­end omstreeks 04:00 wakker geword van die dreuning van sy bakkie wat in die erf gestaan het. Hy het uitgegaan en gesien sy Isuzu-bakkie is weg.

“Ek het dadelik vir my vrou gesê sy moet die polisie bel, in my bakkie gespring en die diewe gaan soek.”

Hy het by die polisiesta­sie aangedoen en die diefstal aangemeld. Minute later is hy in kennis gestel dat die gesteelde bakkie in ‘n botsing by die kruising van Rademeyer- en Jan van Riebeeckst­raat betrokke was. Hy het op die toneel aan die Oudtshoorn Courant van die ondervindi­ng vertel.

Dit blyk dat ‘n patrolliev­oertuig die bakkie opgemerk het en dat die dief toe weggejaag het. Hy het homself misgis toe hy uit Rademeyers­traat in Jan van Riebeeckst­raat indraai en het ‘n lamppaal morsaf gery. Hy het daarna op die vlug geslaan. Die bakkie se voorkant is beskadig en Jonck kon nog nie bevestig wat die koste van die skade is nie.

Sersant Gretchen Michaels, woordvoerd­er van die Oudtshoorn­polisie, het bevestig dat die 30-jarige Lusama Kolisi Dinsdagogg­end naby die rivier gearrestee­r is en Woensdag in die hof verskyn het op aanklag van voertuigdi­efstal. Volgens haar het hy nie sy samewerkin­g aan die polisie gegee nie en is dit nog nie bekend vanwaar hy kom nie.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Die gesteelde bakkie nadat dit ‘n lamppaal getref het.
Foto: Hannes Visser Die gesteelde bakkie nadat dit ‘n lamppaal getref het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa