Oudtshoorn Courant

Titus op R30 000 borgtog vrygelaat

- LIEZL VAN NIEKERK

Magdaleen Titus, die hoofverdag­te in die Preston Titus-moordsaak, is Maandag borgtog van R30 000 in die hooggeregs­hof in Kaapstad toegestaan.

Dit is nie duidelik wanneer Titus appèl teen die weiering van haar borgtogaan­soek aangeteken het nie.

Volgens Eric Ntabazalil­a, woordvoerd­er van die nasionale vervolging­sgesag, moet Titus Maandae, Woensdae en Vrydae by die Worcester-polisiesta­sie aanmeld. Sy mag ook nie die Wes-Kaap verlaat of naby internasio­nale vertrekpun­te kom sonder skriftelik­e toestemmin­g van die ondersoekb­eampte nie en ook nie haar adres verander sonder skriftelik­e kennis nie. Sy mag ook nie kontak maak met staatsgetu­ies nie.

Titus is op 19 Januarie op aanklag van moord in hegtenis geneem na haar man, Preston, se liggaam die nag van 1/2 Desember in sy huis op die Weermagbas­is gevind is. Hy is met verskeie steekwonde in sy huis gevind.

Sy is op 8 Maart borgtog in die Oudtshoorn-landdrosho­f geweier.

Landdros Errol Thomas het klem gelê op die feit dat die staat ‘n sterk prima facie saak het en dat daar geen buitengewo­ne omstandigh­ede is om haar op borgtog vry te laat nie.

Titus word saam met Natasha Stuurman, Sixabiso Klip, Justice Mooi en Masethembe January (MJ) vir moord aangekla.

MJ is op 11 April in hegtenis geneem en moet nog met sy borgtogaan­soek voortgaan. Stuurman is op 9 April borgtog toegestaan. Mooi is vroeër borgtog geweier en Klip het skuldig gepleit en is reeds gevonnis.

Titus, Stuurman en Mooi se saak is tot 4 Junie vir verdere ondersoek uitgestel terwyl MJ se borgtogaan­soek op 17 Mei voortgaan.

 ??  ?? Magdaleen Titus en haar oorlede man, Preston.
Magdaleen Titus en haar oorlede man, Preston.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa