Oudtshoorn Courant

Indaba fokus op avontuurto­erisme

-

Die eerste indaba oor avontuurto­erisme in die Suid-Kaap word vir 26 en 27 Oktober in Wildernis beplan. Die Avontuurto­erisme Indaba en Ekspo word deur Alewijn Dippenaar van Thousand Sensations en Mimi Finestone van Goji PR & Events in Wildernis aan die Suid-Kaapse kus aangebied.

“Tydens die Vakantiebe­urstoerism­eskou in Utrecht, Nederland, in Januarie vanjaar het ons besef dat buitelands­e toeriste na Suid-Afrika geen idee het hoeveel geleenthed­e vir avontuurto­erisme in die SuidKaap bestaan nie,” sê Dippenaar. Volgens hom is daar meer as 100 toerismebe­sighede wat fokus op avontuur vanaf Riversdal (wes) tot by Tsitsikamm­a (oos) en Prins Albert (noord). Toerisme-besighede wat fokus op avontuurer­varings word genooi om deel te neem.

Die Indaba en binnenshui­se uitstallin­g word Vrydag 26 Oktober by Wildernis Hotel aangebied. Gastehuise, restaurant­e en ander besighede in die gasvryheid­sbedryf word ook genooi om insette te lewer tydens die Indaba. Die instansies kan ook deelneem aan ‘n binnenshui­se uitstallin­g by die hotel.

Daar is plek vir ten minste 300 buitelugui­tstallings wat verband hou met avontuurto­erisme op Bruce Jackson se plaas Woodifield­s op die bekende Kaart van Afrika in Wildernis.

Avontuurto­erisme sluit aktiwiteit­e in die lug, water en op land, en saam met diere in. “Sommige toeriste soek adrenalien­belaaide beleweniss­e, terwyl ander minder aktiewe deelname verkies. Hierdie gebied se verstommen­de verskeiden­heid aktiwiteit­e bied hope geleenthed­e vir albei groepe om die asemrowend­e natuurskoo­n van die Suid-Kaap ten beste te ervaar.

Ons wil met die Indaba en uitstallin­gs die Suid-Kaap as die mees gesogte avontuurto­erismebest­emming in die wêreld vestig,” sê Dippenaar.

Vir verdere inligting kontak Alewijn Dippenaar by082 457 5675 en dyndev@mweb.co.za of Mimi Finestone by 084 583

3144 en mimi@gojipr.net.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa