Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn rugbyspann­e lewer gemengde uitslae

- CHRISTO VERMAAK

Oudtshoorn se rugbyspann­e het die afgelope naweek vir groot opwinding gesorg. In‘ n Premier ligawedstr­yd het Bridgton in George teen Evergreens gespeel.

Twee President s liga wedstryde, Collegians teen Spring Roses en All Blacks teen Willing Hearts, is plaaslik gespeel, terwyl Oudtshoorn na Uniondale moes reis.

Die uitslae is:

Bridgton teen Evergreens

Bridgton het Evergreens Saterdag 5 Mei in George met 27-25 gewen. Bridgton se tweedespan het met 20-35 verloor, terwyl Bridgton se derdespan met 24-10 gewen het.

Bridgton sal die komende naweek in ‘n wegwedstry­d teen Silver Stars speel.

Oudtshoorn teen Uniondale

Oudtshoorn-rugbyklub het hul rieme styfgeloop teen Uniondale toe hulle met 5-36 teen die Uniondaler­s kafgedraf is.

Oudtshoorn se tweedespan het met 10-25 verloor. Oudtshoorn en All Blacks sê mekaar dié naweek die stryd aan.

Collegians teen Spring Roses

Collegians se eerstespan het vir goeie hardloopru­gby gesorg en Spring Roses op die Plate met 40-15 gewen. Die twee spanne se tweedespan­ne het in ‘n taai wedstryd gelykop (10 elk) van die veld gestap.

Collegians speel dié naweek teen Harlequins op die Infanterie­skool se velde. Spring Roses sal op hul tuisveld vir BeaufortWe­s aanpak.

All Blacks teen Willing Hearts

All Blacks het op sy tuisveld vir Willing Hearts met 23-19 in ‘n taai stryd gewen. Die rustydtell­ing was 16-10 in Willing Hearts se guns. All Blacks se tweedespan moes met 10-38 voor Willing Hearts die knie buig.

 ?? Foto: Christo Vermaak Foto: Ebenezer Titus ?? Beide All Blacks en Willing Hearts se verdedigin­g was van hoogstaand­e gehalte. Denver Stanley (Spring Roses se skrumskake­l) (links) en Uraan Moses (Collegians se reserwe vlank) jaag die bal.
Foto: Christo Vermaak Foto: Ebenezer Titus Beide All Blacks en Willing Hearts se verdedigin­g was van hoogstaand­e gehalte. Denver Stanley (Spring Roses se skrumskake­l) (links) en Uraan Moses (Collegians se reserwe vlank) jaag die bal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa