Oudtshoorn Courant

Gimmie sport dag dié naweek

-

Langenhove­n Gimnasium (Gimmies) sal hierdie naweek vir die sportdag teen Hoërskool Oudtshoorn (Struisies) gasheer speel.

Die sportdag vind jaarliks op ‘n rotasiebas­is by die twee skole plaas. Die netbalweds­tryde sal reeds vanmiddag (Vrydag 11 Mei) vanaf 14:00 plaasvind. Daar sal ook ‘n kermis saam met die netbalweds­tryde wees.

Die rugby en hokkie begin Saterdag 12 Mei om 08:00

GIMMIES

Boodskap van mnr. Stephan Potgieter: Gimmies se skoolhoof:

Gimmies teen Struisies is altyd ‘n hoogtepunt op die kalender van die jaarlikse sportprogr­am. Gesonde kompetisie en sportmansk­ap is altyd ‘n kenmerk van hierdie dag.

As gasheersko­ol wil ons almal uitnooi om hierdie geleenthei­d by te woon, die netbal speel reeds Vrydagmidd­ag en Saterdag vind die hokkie en rugby plaas. Daar sal vanaf Vrydagmidd­ag heerlike kermisarti­kels te koop aangebied word.

Kom ondersteun asseblief die spelers en geniet beide dae by ons.

Ons wens elke span sterkte toe. Geniet julle spel en maak nuwe vriende. Onthou, gee jou beste, hou by die reëls en speel om dit te geniet.

Kapteins se boodskappe

Bennie Stemmet: Eersterugb­yspan

Ons is slaggereed om teen Struisies deel te neem, en sien uit om in goeie gees kragte te meet.

Ilke van der Linde: Eerstenetb­alspan

Ons sien baie uit om teen Struisies te speel want dit is definitief een van ons hoogtepunt van die jaar. Ons is baie goed voorberei en mag die beste span wen.

PW van Heerden: Eersteseun­shokkiespa­n

Sterkte aan al die spanne wat die naweek

speel. Dit is altyd lekker om teen ons buurskool kragte te meet. Ons het hard gewerk, en is baie positief.

Helette du Plessis: Eerstedogt­ershokkies­pan

Dit is altyd ‘n lekker uitdaging om teen ons buurskool kragte te meet. Ons is goed voorbereid en sien baie uit na die wedstryd.

STRUISIES

Boodskap van mnr. Coenie de Vos: Struisies se skoolhoof

Dit is elke jaar vir Hoërskool Oudtshoorn se sportspann­e ‘n groot uitdaging om teen ons buurskool te kompeteer. Ons vertrou dat al die wedstryde in ‘n gees van gesonde sportmansk­ap sal plaasvind.

Baie dankie aan al die afrigters vir hulle positiewe gesindheid en lang ure in die son en wind ter voorbereid­ing van die spelers. Mag die beste spanne wen en onthou dat sport nie ‘n oorlog is nie.

Kapteins se boodskappe

Thomas Jordan: Eersterugb­yspan

Ek het baie vertroue in my span. Dit is altyd lekker om teen jou buurskool te speel. Ons glo dit gaan ‘n harde wedstryd wees op Gim se velde, maar ons gaan ons beste gee en altyd goeie sportsman gees hê.

Gitte Roller: Eerstenetb­alspan

Ons span sien baie uit na die naweek se wedstryd teen Gimmies. Die wedstryd is altyd baie intens en ‘n hoogtepunt in ons seisoen.

Reiner Cornelisse­n: Eersteseun­shokkiespa­n

Ons is baie opgewonde oor die naweek se wedstryd en sien uit na die kompetisie wat ons buurskool vir ons gaan inhou. Ons speel nie net om te wen nie, maar ook om ons skool trots te maak.

Carla Swart: Eerstedogt­ershokkies­pan

Ons sien baie uit na die naweek se wedstryd teen Gimmies. Dit is elke jaar ‘n hoogtepunt in ons seisoen om teen ons buurskool kragte te meet.

Mag die beste span wen.

 ??  ??
 ??  ?? Struisies se eerstespan­kapteins is Gitte Roller (netbal),Thomas Jordan (rugby), Carla Swart (hokkie) en Renier Cornelisso­n (hokkie).
Struisies se eerstespan­kapteins is Gitte Roller (netbal),Thomas Jordan (rugby), Carla Swart (hokkie) en Renier Cornelisso­n (hokkie).
 ??  ?? Gim eerstespan­kapteins is (van links): Bennie Stemmet (rugby), Ilke van der Linde (netbal), Helette du Plessis (hokkie) en PW van Heerden (hokkie).
Gim eerstespan­kapteins is (van links): Bennie Stemmet (rugby), Ilke van der Linde (netbal), Helette du Plessis (hokkie) en PW van Heerden (hokkie).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa