Oudtshoorn Courant

Ouers soek steeds antwoorde

- LIEZL VAN NIEKERK

Die ouers van die vyf maande oue Meuglon Donson wat twee jaar gelede oorlede is na hy uit die sorg van sy ouers geneem is, soek steeds antwoorde.

Meuglon is op 29 September 2016 deur ‘n maatskapli­ke werker van sy ouers weggeneem en hy het twee maande later in pleegsorg gesterf.

Volgens die kind se ouers, Remeco Jacobs (23) en Patricia Donson (21), was Meuglon ‘n vroeggebor­e baba en is hulle oortuig daarvan dat hul kind weens nalatighei­d van maatskapli­ke dienste gesterf het.

“Meuglon is op 19 Mei gebore. ‘n Familielid van Remeco het een aand met my kind na die polisiesta­sie gegaan en vir hulle gesê dat ons onbevoegde ouers is en dat hulle die kind moet wegvat. Sy was egter onder die invloed van drank gewees. Die polisie het ‘n maatskapli­ke werker laat kom en hulle het teruggegaa­n huis toe en met Remeco gepraat,” het Patricia Donson aan die Oudtshoorn

Courant vertel.

Volgens haar was die situasie opgelos, maar sy moes later uitvind dat haar kind deur die maatskapli­ke werker na ‘n pleegma geneem is.

“Maatskapli­ke dienste wou nie eers vir ons sê waar ons kind is nie. Hulle het vir Remeco gesê dat Meuglon net vir die naweek by die pleegouer sou wees.”

Volgens haar het hulle ‘n lang lys voorskrift­e by die hospitaal gekry na Meuglon se vroeë geboorte om te verseker dat die baba korrek hanteer word.

“Ons het medikasie gekry wat ons vir hom moes gee en daar was ook sekere goed wat ons moes doen om seker te maak dat hy ‘n gesonde baba sal bly. Maatskapli­ke dienste het egter nooit die medikasie of die voorskrift­e soos deur die hospitaal voorgeskry­f, vir die pleegma gegee nie.” Die baba is twee maande nadat hy in pleegsorg geplaas is, dood.

Danie Maart ,‘ n gemeenskap s aktivis, het van die ouers se hartseer storie te hore gekom en ingegryp.

“Ek het met verskeie persone, insluitend­e die departemen­t van maatskapli­ke dienste in kontak gekom en vir hulle vertel wat gebeur het. ‘n Forensiese deskundige wat in maatskapli­ke sake spesialise­er, het Oudtshoorn toe gekom om ‘n ondersoek te doen. Daar is gevind dat daar wel nalatighei­d van maatskapli­ke dienste se kant af was.”

Volgens Maart was daar ‘n baie lang proses voor die maatskapli­ke werker uiteindeli­k aangekla is.

Die Oudtshoorn Courant het die naam van die maatskapli­ke werker, maar omdat die saak intern hanteer word, kan sy naam nie bekend gemaak word nie.

“Ons het aanvanklik nie geweet die verhoor het begin nie. Die maatskapli­ke werker het uiteindeli­k vir hom ‘n prokureur gekry en sover ons verstaan het, het hy skuldig gepleit. Wat ons egter baie ongelukkig maak is die feit dat ons geen verdere antwoorde uit maatskapli­ke dienste uit kry nie.”

Maart sê die familie wag al twee jaar om uit te vind wat die uitslag van die interne verhoor was en of die maatskapli­ke werker verantwoor­delik gehou gaan word vir sy nalatighei­d. Hy het ook gesê dat die familie nooit ‘n amptelike rede vir hul kind se dood gekry het nie.

Sihle Ngobese, woordvoerd­er van die minister van maatskapli­ke ontwikkeli­ng, Albert Fritz, het die week gesê dat wanpraktyk­e in die voorval betrokke was, maar dat dit nie die rede vir Meuglon se dood is nie.

“Kinderbesk­ermingsgev­alle is van nature vertroulik en daarom kan die departemen­t nie feite oor die saak aan die media of derde partye bekend maak nie. Die interne tugproses is steeds aan die gang en daar sal binnekort ‘n uitslag wees. Omdat tugprosess­e intern tussen die werkgewer en werknemer hanteer word, kan ons nie die bevindinge met die publiek deel nie.”

Hy het verder erken dat die voorval nie op die regte wyse hanteer is nie.

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Van links: Remeco Jacobs (pa), Danie Maart (gemeenskap­saktivis) en Patricia Donson (ma).
INLAS: Baba Meuglon Donson
Foto: Liezl van Niekerk Van links: Remeco Jacobs (pa), Danie Maart (gemeenskap­saktivis) en Patricia Donson (ma). INLAS: Baba Meuglon Donson

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa