Oudtshoorn Courant

Twee ernstig beseer in kettingbot­sing

- LIEZL VAN NIEKERK

Twee pasiënte is met ernstige beserings na ‘n hospitaal in George geneem na drie voertuie Woensdagmi­ddag in ‘n kettingbot­sing op die George-pad betrokke was.

Volgens ‘n familielid van Nico van der Merwe, die bestuurder van ‘n dubbel kajuit bakkie, het V ander M erwe oor ‘n bult gery en agter ‘n vragmotor, wat vir padwerke gestop het, stilgehou. Kort nadat hy stilgehou het, het ‘n insleepvoe­rtuig van agter teen sy bakkie vasgery. Die slag het die bakkie teen die agterkant van die vragmotor geslinger. ‘n Ystertol wat agter op die bakkie was, het deur die agterkant van die kajuit gebars en die agterste sitplek vorentoe gedruk.

Van der Merwe was alleen in die voertuig. Volgens die familielid, wat ook op die toneel was, kon Van der Merwe nie uit die gefrommeld­e bakkie kom nie. “Hy het probeer om die ruit van die bakkie uit te skop, maar hy kon nie. Hy het oorgeskuif na die passasiers­itplek en paramedici het hom, na hy behandel is, uit die bakkie gehaal.”

Daar is gisterogge­nd bevestig dat Van der Merwe Woensdagaa­nd ‘n operasie ondergaan het waartydens ‘n staalpen van 38 cm en skroewe gebruik is om sy gebreekte femur te herstel.

Hy het ook sy skouer ontwrig en ‘n rugbeserin­g opgedoen. Volgens die familielid is daar ook ‘n gapende wond aan Van der Merwe se maermerrie wat kommer by die dokter gewek het. Hy sal vir drie dae in die intensiewe sorgeenhei­d bly.

Die insleepvoe­rtuig het na die botsing in die veld beland waar die bestuurder, Marius Blignaut, in die kajuit vasgekeer was. Nood diensperso­neel het gespook om hom met meganiese kake te bevry. Sover vasgestel kon word het hy frakture aan sy heup en bobeen opgedoen. Hy was alleen in die voertuig.

Die insittende­s van die voorste vragmotor het geen beserings opgedoen nie.

 ??  ?? Die wrak van Nico van der Merwe se bakkie .
Die wrak van Nico van der Merwe se bakkie .
 ??  ?? Nooddiensp­ersoneel bevry die bestuurder van die insleepvoe­rtuig met meganiese kake.
Nooddiensp­ersoneel bevry die bestuurder van die insleepvoe­rtuig met meganiese kake.
 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk ?? Die ongeluksto­neel waar die bakkie teen die voorste vragmotor vasgedruk was.
Foto’s: Liezl van Niekerk Die ongeluksto­neel waar die bakkie teen die voorste vragmotor vasgedruk was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa