Oudtshoorn Courant

Plaas veiligheid­stelsel vir boere

- TISHA STEYN

Die Kangovalle­ie Boereveren­iging het pas ‘n plaas veiligheid­stelsel saam met ‘n sekerheids­maatskappy ,‘ n kommunikas­ie-net werkverska­ffer en die polisie van stapel gestuur.

“In die lig van groeiende misdaad, insluitend plaasmoord­e en die toenemende bedreiging van grondbeset­tings, het daar ‘n behoefte by lede van die vereniging ontstaan om ‘n vinnige, gewapende responsaks­ie in geval van nood in werking te stel,” het Theo Landman van Karusa-landgoed en voorsitter van die boereveren­iging, verlede Donderdag tydens ‘n vergaderin­g van lede in Schoemansh­oek gesê.

Die vereniging het sowat 36 lede in ‘n gebied wat strek vanaf Oudtshoorn tot by Matjiesriv­ier.

Die plaas veiligheid­stelsel ru sop drie bene, naamlik die net werkverska­ffer J& E Communicat­ions, Metro City Protection Service (MCPS) se tak in Oudtshoorn, en die polisie se afdeling vir landelike beveiligin­g.

“Die doel van die stelsel is om boere op plase in die vyf areas met behulp van ‘n mobiele radiostels­el, wat met MCPS se kontroleka­mer verbind is, in geval van nood by te staan,” het Landman verduideli­k.

Wanneer ‘n noodoproep per radio by MCPS se operasione­le sentrum ontvang word, word noodvoertu­ie onmiddelli­k geaktiveer. Direkte bure en die polisie se landelike beveiligin­g s afdeling word ook onmiddelli­k verwittig. Die noodvoertu­ie word beman deur gewapende, opgeleide en geregistre­erde reaksieper­soneel, en in die geval van ‘n mediese noodgeval ‘n ten volle toegeruste ambulans met opgeleide mediese personeel.

Registrasi­e opdiep laas veiligheid­stelsel is gratis, maar boere moet die radio’s aankoop, en indien nooddienst­e reageer op ‘n noodoproep, word ‘n eenmalige fooi gehef wat bereken word op die afstand wat die noodvoertu­ie moet aflê.

Die diens sal na verwagting teen einde Julie ten volle operasione­el wees en is slegs beskikbaar vir lede van Kangovalle­ie Boereveren­iging. Dit kan later uitgebrei word na ander vereniging­s indien hulle belangstel.

Kontakbeso­nderhede

Kontak Rudi du Toit by 044 279 1772 of rudie@metrocityp­rotection.co.za of Theo Landman by 083 90 8332 of theo@karusa. co.za vir meer inligting.

 ?? Foto: Tisha Steyn ?? Rudi du Toit van Metro City Protection Services en Theo Landman van Karusa, die voorsitter van die Kangovalle­ie Boereveren­iging, wat hulle beywer vir plaasveili­gheid.
Foto: Tisha Steyn Rudi du Toit van Metro City Protection Services en Theo Landman van Karusa, die voorsitter van die Kangovalle­ie Boereveren­iging, wat hulle beywer vir plaasveili­gheid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa