Oudtshoorn Courant

Rou riool in gholbaanda­m

- CHRISTO VERMAAK

Rou riool stroom daagliks uit ‘n mangat en beland in ‘n dam by die Oudtshoorn­gholfklub. Die mangat is aan die onderkant van Oudtshoorn Korrektiew­e dienste, enkele meters van die heining, geleë.

Die rioolprobl­eem is deur Christie Slabbert onder die Oudtshoorn Courant se aandag gebring. Volgens Slabbert het hy die riool probleem al met die Oudtshoorn munisipali­teit opgeneem .“Tot vandag is daar nog geen moeite gedoen om dit reg te stel nie.”

Die Oudtshoorn Courant en Slabbert het die loop van die rioolafloo­p gevolg en gevind dat dit in ‘n dam langs die 12de putjie op die Oudtshoorn-gholfbane invloei.

Die mangat wat die oorsprong van die afvloei is, is in ‘n dig beboste area naby die heining van die gevangenis terrein. Die volume water wat by die gat uitstroom het die ysterdekse­l verskuif en menslike riool lê rondom die gat en in die stroom.

Johann Cornelisse­n, klubkaptei­n van die Oudtshoorn-gholfklub, het Woensdag gesê: “Ons is al lank bewus van die vuil water wat hier invloei, maar kon nooit die oorsprong vind nie. Ons gaan dit onmiddelli­k met die munisipali­teit opneem.”

Ntobeko Mangqwengq­we, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-munisipali­teit, het Woensdag gesê: “Die departemen­t tegniese dienste was nooit bewus van die probleem nie. Nou dat ons weet sal dit aandag geniet.”

Behalwe vir die riool is rommelstor­ting volgens Slabbert ook ‘n groot probleem. Hy het verskeie plekke in die veld uitgewys waar inwoners rommel en tuinafval in die veld stort. Tydens die besoek Dinsdag was ‘n man juis besig om vullis van sy bakkie af te laai en in die veld te stort.

 ?? Foto’s Christo Vermaak ?? Christie Slabbert, inwoner en sakeman van Oudtshoorn-Noord, staan langs die rioolafloo­p. INLAS: Die mangat wat die oorsprong van die riool afvloei is.
Foto’s Christo Vermaak Christie Slabbert, inwoner en sakeman van Oudtshoorn-Noord, staan langs die rioolafloo­p. INLAS: Die mangat wat die oorsprong van die riool afvloei is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa