Oudtshoorn Courant

PA-verkeersma­n onskuldig

- GARNETT WICOMB

“Geregtighe­id het vandag weer geseëvier.”

So het Andrew Meintjies (53), voormalige verkeersma­n van Prins Albert wat van bedrog aangekla was, verlede Donderdag na sy vryspraak in die Oudtshoorn streekhof gesê.

Meintjies is daarvan aangekla dat hy toetse vir leerlingry­bewyse gemanipule­er en rybewyse in ruil vir betaling uitgereik het.

Daar was trane van blydskap en vreugde onder familie en vriende van Meintjies nadat streekland­dros LA Wilkens bevind het dat daar te veel teenstrydi­ghede en weerspreki­ngs in die staatsgetu­ies se weergawes was.

Die hof het ook bevind dat videomater­iaal wat aan die hof voorgehou is nêrens aantoon waar geld aan die beskuldigd­e oorhandig word nie.

“Die staat het nie sy saak bo redelike twyfel bewys nie en daarom is die beskuldigd­e geregtig op vryspraak,” het die landdros bevind.

Meintjies se regsvertee­nwoordiger, Mathilda van Niekerk, het in haar betoog gesê die getuieniss­e van die ondersoekb­eampte, ao. Jason Pietersen, ‘n polisie lokvink, ao. Cokwiswa Rahlushe, en ‘n middelman, Grant Paulse, wat na bewering die geld aan Meintjies oorhandig het, het hemelsbree­d van mekaar verskil. Sy het dit aan Rahlushe gestel dat sy haar getuienis aanpas.

Paulse, die laaste staatsgetu­ie, het verlede week onder kruisverho­or getuig die verklaring­s wat hy aan die polisie afgelê en in die hof aan hom voorgehou is, is nie korrek nie.

“Wat ek nou in die hof sê dit is die waarheid,” het hy getuig.

Hoewel hy vir langer as twee jaar werkloos was, is hy nie vir vriend of vyand kwaad nie, sê Meintjies, en sy familie en vriende vir hul ondersteun­ing bedank. “Ek het sterker anderkant uitgekom.” Meintjies is in Maart 2016 op Drie Susters deur die Valke in hegtenis geneem.

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Andrew Meintjies verlede Donderdag na sy vryspraak.
Foto: Garnett Wicomb Andrew Meintjies verlede Donderdag na sy vryspraak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa