Oudtshoorn Courant

Kannaland-politiek in weegskaal

- CHRISTO VERMAAK

Politieke beheer oor die Kannaland munisipali­teit i sweer in die weegskaal.

Die ANC se provinsial­e uitvoerend­e komitee het Dinsdag die twee ANCraadsle­de, Magdalena Barry (burgemeest­er) en Phillipus Antonie, skriftelik in kennis gestel dat hulle hul samewerkin­gsooreenko­ms met die twee DA-raadslede onmiddelli­k moet opsê. Die oorblywend­e drie setels in die raad behoort aan Icosa. Dit kan beteken dat Jeffrey Donson (Icosa) weer dié munisipali­teit se burgemeest­erskap in die palm van sy hand sal hê. Donson is na die Augustus 2016 munisipale verkiesing uit die burgemeest­er stoel gelig, toe die twee DA-raadslede en twee ANC-raadslede ooreengeko­m om saam te werk. Beide die DA en ANC het sedertdien volgehou dat die samewerkin­g tussen die raadslede nie met die goedkeurin­g van die partye is nie ‘n koalisie tussen hulle as onwaar afgemaak. Ian Avontuur, Barry se woordvoerd­er, volstaan dat dit slegs ‘n mondelings­e bestuur s ooreenkom sis.

Avontuur het Woensdag bevestig dat Barry en Antonie’n skriftelik­e opdrag ontvang het om hulle ooreenkoms met die DA te staak. Dis nog onseker of hulle aan die opdrag gehoor sal gee. “Vir nou sal hulle in hul poste aanbly en Barry gaan nie haar burgemeest­erskap opsê nie. Daar sal eers bepalende raadsverga­dering s moet plaasvind.”

Dawid Kamfer, Icosa se nasionale woordvoerd­er, het die aangeleent­heid as ‘n ANC-huishoudel­ike aangeleent­heid beskryf. “Ek gaan op hierdie stadium myself van enige kommentaar weerhou.”

Ter tuis S immers, Kannalands­e D A verkiesing­s hoof, het Woensdag gesê die Wes-Kaapse DA-topstruktu­ur is in gesprek oor die aangeleent­heid. “’n Volledige persverkla­ring sal soos die aangeleent­heid vorder, uitgereik word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa