Oudtshoorn Courant

Weermagmoo­rd-verdagte laat vaar borgtogaan­soek

- GARNETT WICOMB

Masimthemb­e January, een van die vyf verdagtes in die huurmoords­aak van stafsersan­t Preston Titus

(49), het gister (Donderdag) sy borgtogaan­soek in die Oudtshoorn-landdrosho­f laat vaar. Hy is op 11

April gearrestee­r en het verlede Donderdag tydens ‘n hofverskyn­ing aangedui het dat hy ‘n nuwe regsvertee­nwoordiger aangestel het.

Die 23-jarige January, ook bekend as MJ, word saam met die oorledene se vrou, Magdaleen, (Maggie), haar vriendin, Natasha Stuurman, Justice Mooi en Sixabiso Klip van die moord op Preston Titus aangekla.

Klip is na ‘n pleitooree­nkoms met die staat reeds tot 15 jaar gevangenis­straf gevonnis, terwyl borgtog van R30 000 in die Kaapse hooggeregs­hof aan Maggie toegestaan is, en R15 000 borgtog aan Stuurman.

Borgtog aan Mooi is geweier.

January het die hof meegedeel dat sy familie ‘n prokureur van Knysna aangestel het om hom te verdedig en hy nie meer van regshulp gebruik sal maak nie.

Sy arrestasie het bykans twee maande nadat hy homself by die polisie sou aanmeld, plaasgevin­d. Die Oudtshoorn

Courant het in Februarie berig dat January die koerant besoek het om “sy kant van die storie” te vertel voordat hy hom aan die polisie sou oorgee. Hy het egter van besluit verander en is op 11 April opgespoor en gearrestee­r.

Die saak is deur landdros Johan Steynberg tot 4 Junie uitgestel. Hy sal dan saam met Titus, Stuurman en Mooi verskyn.

 ??  ?? Masimthemb­e (MJ) January.
Masimthemb­e (MJ) January.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa