Oudtshoorn Courant

32 jaar vir verkragtin­g en poging tot moord

- GARNETT WICOMB

‘n Man wat op twee aanklagte van verkragtin­g, twee van poging tot moord en versuim om aan borgtogvoo­rwaardes te voldoen, skuldig bevind is, is Vrydag in die Oudtshoorn-streekhof 32 jaar tronkstraf opgelê.

Alex Pietersen van die informele woonbuurt, Black Joint, Bongolethu, is daaraan skuldig bevind dat hy op 8 Maart 2017 ‘n 28-jarige vrou in Kanaalweg, gedwing het om seksuele dade met hom te pleeg en haar daarna verkrag het.

Nadat hy op borgtog vrygelaat is, het hy op 28 Maart 2017 die vrou met ‘n mes gesteek, gewurg en later ook met ‘n skroewedra­aier gedreig om haar dood te maak.

Die staatsaank­laer, Elaine Plaatjies, het die hof vir lewenslang­e gevangenis­straf gevra omdat geen wesenlike en dwingende omstandigh­ede bestaan om daarvan af te wyk nie.

Streekland­dros Daniel Boks het met vonnisople­gging gesê Pietersen toon geen berou nie en dat die hof nie ligtelik van voorgeskre­we vonnisse moet afwyk nie. Gemeenskap­sbelang kom ook sterk na vore en hy is skuldig bevind aan ernstige misdrywe.

Die twee aanklagte van verkragtin­g is vir vonnisdoel­eindes saamgevoeg en Pietersen is daarvoor 20 jaar gevangenis­straf opgelê.

Hy is tot agt en vier jaar onderskeid­elik vir die aanklagte van poging tot moord gevonnis en ‘n verdere ses maande vir versuim o maan borgtog voorwaarde ste voldoen. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa