Oudtshoorn Courant

Rugby uit die boonste rakke

- CHRISTO VERMAAK

Rugby uit die boonste rakke is Sondag 20 Mei in die SuperSport Challenge op die Bridgton-sportterre­in gelewer.

Vier van die land se voorste spanne in die SuperSport-reeks het die ongeveer 15 000 toeskouers op plaaslike bodem vermaak. In die eerste wedstryd het Oudtshoorn rugbyklub teen Prins Alberts e Willing Hearts te staan gekom.

SWD Arende en die DHL Westelike Provinsie het die hoofwedstr­yd gespeel. Dié wedstryd is voorafgega­an deur ‘n kragmeting tussen die Vodacom Blou Bulle en Xerox Goue Leeus.

In die hoofwedstr­yd het SWD se rugbytrots met 50-3 die knie teen WP gebuig. Alhoewel SWD Arende van meet af aan aangeval het en op WP se doellyn geboer het, kon hulle net nie ‘n gaping in WP se verdedigin­g vind nie. Met die Arende wat kragspel gelewer het en beide spanne wat die bal vir hul agterspele­rs gevoer het, het WP se ervare spelers die Arende se gapings in verdedigin­g uitgebyt en in die twaalfde minuut hul eerste drie gaan druk.

Daarna het die damwal gebreek en WP het kortkort agter die Arende se pale gaan kuier. Die Arende het egter nooit gaan lê nie en met hul nederlaag steeds aanloklike hardloopru­gby opgelewer.

In die hoof voorwedstr­yd het die Bulle die Goue Leeus met 27-20 gewen. Die wedstryd het wipplank gery, met nie een van die twee spanne wat die oorhand kon kry nie. Rustyd is die manne op 10-elk kleedkamer­s toe en met minder as een minuut se speeltyd was die telling 20-elk. Die Bulle het met die eindfluitj­ie gereed in die skeidsregt­er se hand, ‘n verdoelde drie gaan druk om ‘n oorwinning te verseker.

In die eerste wedstryd van die dag het Prins Alberts e Willing H e artse n Oudtshoorn rugbyklub 40 minutes e gelykopspe­l in die eerste helfte opgelewer en met die telling op sewe elk gaan rus.

Willing Hearts het met nuwe energie die laaste veertig minute se spel aangepak en die oorhand gekry. Hulle het drie drieë gaan druk en Oudtshoorn behoorlik laat les opsê. Oudtshoorn het net eenvoudig nie antwoorde gehad op Willing Hearts se aanvalle, verdedigin­g en taktiek nie. Die eindtellin­g was 26-14.

 ?? Foto: Christo Vermaak
Foto: Ebenezer Titus
Foto: Ebenezer Titus ?? Oudtshoorn se Greg Olckers word deur Willing Hearts gestuit.
Die Arende se Dillin Snel (9) was een van sy span se uitblinker­s. SWD se Le Roux Baard (6) Wiehan Hay (4), Janneman Stander (7) en Nicolaas immelman (8) moes toekyk hoe die WP ‘n gaping in...
Foto: Christo Vermaak Foto: Ebenezer Titus Foto: Ebenezer Titus Oudtshoorn se Greg Olckers word deur Willing Hearts gestuit. Die Arende se Dillin Snel (9) was een van sy span se uitblinker­s. SWD se Le Roux Baard (6) Wiehan Hay (4), Janneman Stander (7) en Nicolaas immelman (8) moes toekyk hoe die WP ‘n gaping in...
 ?? Foto: Christo Vermaak ?? Die Bulle gaan druk die eerste drie van die wedstryd.
Foto: Christo Vermaak Die Bulle gaan druk die eerste drie van die wedstryd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa