Oudtshoorn Courant

Bekommerni­s oor begraafpla­as

- LIEZL VAN NIEKERK

Terwyl die algemene toestand van die Oudtshoorn-begraafpla­as baie skoner is as wat ‘n aantal maande gelede die geval was, is grafte wat beskadig word en besoekers wat onveilig voel steeds ‘n probleem. Die begraafpla­as was onlangs weer in die kollig toe die munisipali­teit hulle kommer uitgespree­k het oor soveel as tien grafte wat kort na mekaar beskadig is. Die

Oudtshoorn Courant het in Junie berig dat die munisipali­teit in ‘n verklaring gesê het dat hulle bewus is van die beskadigde grafte en dat hulle die families van die oorledenes probeer opspoor om die misdrywe aan te meld. Daar is ook gevra dat die publiek die grafte van naasbestaa­ndes besoek om te kyk of daar skade aangerig is.

Die koerant het dié week, na oproepe van besorgde inwoners, self die begraafpla­as besoek en op talle beskadigde grafte afgekom. Daar was ook duidelike tekens dat leeglêers tussen die grafte en bosse slaap, vuurmaak en kuier.

Selfs personeel wat die begraafpla­as moet onderhou word nie ontsien nie. Een van die vyf skoonmaker­s wat elke dag rommel opruim, was verlede week die slagoffer van ongewenste elemente by die begraafpla­as toe daar by haar motor ingebreek is terwyl sy ‘n ent verder besig was om op te ruim.

Haar motor se ruit is stukkend geslaan en ‘n rugsak is uit die voertuig gesteel. Die

Oudtshoorn Courant het dié week weer ‘n navraag aan die munisipali­teit gestuur.

Volgens Ntobeko Mangqwengq­we, senior woordvoerd­er van die Oudtshoorn munisipali­teit, word die situasie steeds dopgehou. Daar word in die reaksie nie melding gemaak van enige daadwerkli­ke stappe wat tans deur die munisipali­teit geneem word om die begrafplaa­s te beveilig nie. Ten spyte daarvan dat mense wat by die begraafpla­as werk en inwoners wat grafte besoek sê dat daar leeglêers op die terrein slaap, is die munisipali­teit volgens Mangqwengq­we nie bewus van leeglêers in die begraafpla­as nie. Hy het egter die publiek aangemoedi­g om enige insidente by die munisipale wetstoepas­sers (044 203 3121) aan te meld.

Inwoners is ook gevra om enige verdagte optrede by die begraafpla­as of ander voorvalle van vandalisme telefonies by 044 203 3900 of per e-pos by valencia@ oudtmun.gov.za aan te meld. Daar was nie gemeld of die munisipali­teit wel naasbestaa­ndes van oorledenes waarvan grafte beskadig is, kon opspoor nie.

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Grafstene wat omgegooi en gebreek word, is die laaste tyd ‘n algemene gesig by die Oudtshoorn­begraafpla­as.
Foto: Liezl van Niekerk Grafstene wat omgegooi en gebreek word, is die laaste tyd ‘n algemene gesig by die Oudtshoorn­begraafpla­as.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa