Oudtshoorn Courant

Calitzdorp Winterfees suksesvol

-

Meer as 2 000 besoekers het tydens die Calitzdorp Winterfees die afgelope naweek, die feesterrei­n by die stasie besoek. Die Winterfees is Vrydagaand met ‘n ete van die Calitzdorp-gemeenskap­skas in die goedereloo­ds begin. Die Gemeenskap­skas is ‘n organisasi­e wat geld insamel en vir gemeenskap­sprojekte aanwend. Die tema van vanjaar se fees was ‘Water’ en as simbool van die tema was ‘n meerminvlo­t, wat uit plastiekbo­ttels en afvalmater­iaal gemaak is, Saterdagog­gend deel van ‘n optog deur die dorp. Die vlot is deur ’n profession­ele stelbouer en kunstenaar, Marcia Vermaak, ontwerp en met die hulp van plaaslike skoolkinde­rs gebou. Daar is ook met hierdie projek gepoog om die publiek bewus te maak van hoe plastiek herwin kan word.

Volgens die organiseer­ders van die fees het inwoners die fees uitstekend ondersteun.

Toegang tot die feesterrei­n, waar ‘n hele aantal stalletjie­s en vermaak was, was gratis.

Dit was veral die Borrelkomp­etisie waar inwoners hulle sang en danstalent kon deel, wat groot belangstel­ling gelok het. Daar is gefokus op individue se talent in veral sang en dans. Van Rieldansgr­oepe tot hip-hop dansers en sangers het die toeskouers deur die dag vermaak. Feesganger­s is gratis met Klokkie se tjoe-tjoe tussen die feesterrei­n en die dorp vervoer. Saterdagaa­nd is ‘n straatpart­ytjie in Van Riebeeckst­raat gehou waartydens Purple

Domino tot laataand vir dansmusiek gesorg het.

Die gewilde dominokomp­etisie het inskrywing­s van meer as 50 spanne gekry wat hoofsaakli­k uit werkers van die dorp se wynkelders bestaan het. Rico Tiemie en Petrus Coetzee was die algehele wenners. Ysige weer en ‘n sterk wind het Sondag tot laer besoekersg­etalle gelei, maar die organiseer­ders is dit eens dat die fees baie geslaagd was.

 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? Die stasie was weer die hooffeeste­rrein.
Foto’s: Hannes Visser Die stasie was weer die hooffeeste­rrein.
 ??  ?? Twee jong feesganger­s met iets vir die honger.
Twee jong feesganger­s met iets vir die honger.
 ??  ?? Die meerminvlo­t wat uit afvalmater­iaal en plastiekbo­ttels gemaak is.
Die meerminvlo­t wat uit afvalmater­iaal en plastiekbo­ttels gemaak is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa