Oudtshoorn Courant

Blink toekoms vir dierewelsy­n

- LIEZL VAN NIEKERK

Dieresorg in Oudtshoorn het nog

‘n stap in die regte rigting geneem met die samesmelti­ng van tweedie re welsynsorg­anisasie sen die versekerin­g van die DBV dat ’n nuwe skut beplan word.

Volunteers vir Diere (OVD) en Animal Care Team (ACT) het saamgesmel­t om ‘n nuwe welsynsorg­anisasie, Animal C are Team SA (ACTSA) te stig. Dié aankondigi­ng is Saterdag tydens ‘n spesiale funksie by Safari Ostrich Farm gemaak. Die toekoms van dierewelsy­n in Oudtshoorn is ook tydens hierdie geleenthei­d bespreek.

Vanessa Engelbrech­t, voorsitter van ACTSA, het gesê die twee organisasi­es het dieselfde doel voor oë en van nou af sal hulle as een span saamwerk om die lewe vir die diere van die omgewing beter te maak.

“Ons het ‘n vyf jaar plan uitgewerk. Ons hoofdoel sal wees om soveel as moontlik diere te sterilisee­r. Ons doen reeds vier Spay-a-Thons per jaar waar daar ongeveer 250 tot 300 diere gesterilis­eer word. Met weeklikse sterilisas­ies word 1 060 diere per jaar gesterilis­eer. Dit verhoed ‘n minimum van 8 000 ongewenste geboortes per jaar. Die Spay-a-Thons kos ongeveer R110 000 per jaar vir 250 diere. Vir sterilisas­ies moet die organisasi­es 50% daarvan finansier.”

Engelbrech­t sê verder ACTSA werk met gemeenskap­pe waar die minimum inkomste per huishoudin­g onder R5 000 per maand is.

“Behalwe vir die sterilisas­ies werk ons ook hard daaraan om mense te leer om reg na hul diere om te sien. Ons organisasi­e werk op die R.E.S.C.U.E. beleid, dit is rehabilita­tion, educating, sterilisat­ion, care, uplifting of animals and humans and encouragem­ent. Dit is belangrik om die eienaar van die diere te laat goed voel en te prys vir wat hulle reg doen, want dan doen hulle soveel meer moeite om die diere se omstandigh­ede te verbeter.”

Volgens Engelbrech­t sou die gemeenskap­swerk wat hulle verrig onmoontlik wees sonder die hulp en samewerkin­g van ander organisasi­es in die gemeenskap.

“Ons werk baie nou saam met die staatsveea­rtse, plaaslike veeartse en die mobiele kliniek van People’s Dispensary for Sick Animals (PDSA). Met hulle hulp kan ons die basiese behoeftes soos wondversor­ging en inentings na die gemeenskap bring en ook mense help wat nie privaat veeartsonk­oste vir ernstig beseerde of siek diere kan bekostig nie.”

PDSA besoek Dysselsdor­p die eerste Dinsdag van elke maand vanaf 10:00 tot 12:30 by die gemeenskap­saal. Hulle besoek Oudtshoorn elke Dinsdag van die maand en roteer tussen Dassieweg, Bongolethu, Riemvasmaa­k, Toekomsrus en die veld langs die Bridgton-kliniek.

DBV betrokkenh­eid

Frieda Janse van Rensburg, bestuurder van die Tuinroete DBV, was ook by die vergaderin­g.

Volgens haar gaan die DBV steeds die munisipale skut in Oudtshoorn oorneem.

“Ons het ‘n perseel in die industriël­e gebied gekry. Daar is egter nog papierwerk tussen ons en die munisipali­teit wat geteken moet word en die strukture moet nog gebou word.”

Janse van Rensburg is baie positief oor die DBV se terugkeer na Oudtshoorn.

“Ons wil graag die ordonnansi­es van die dorp met betrekking tot die hoeveelhei­d diere wat per erf toegelaat word en onwettige telers, verander. Streng boetes sal opgelê word wanneer dié ordonnansi­es oortree word. Ons gaan ook opgeleide inspekteur­s hê wat woonbuurte gaan besoek, diere verwyder, mense opvoed en ook waarskuwin­gs uitreik waar nodig.”

Ntobeko Mangqwengq­we, senior munisipale woordvoerd­er, het die week gesê die verskuiwin­g van die perseel sal ‘n klomp geld kos, maar daar is ‘n bedrag daarvoor toegeken wat in die 2018/19 begroting goedgekeur is.

“Die tenderpros­es in aan die gang en die bou van die strukture sal begin sodra die tenderpros­es afgehandel is.”

Die skut word tans deur die munisipali­teit onder bestuur van Magda Davel en twee werknemers behartig. Nog ‘n diereorgan­isasie, Oudtshoorn Dogs in Need (ODIN) is by die skut betrokke met die versorging van diere en finansieri­ng.

 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk ?? Die span van ACTSA. Heel regs ater is dr. Cathy Fox (staatsveea­rts), Frieda Janse van Rensburg (DBV) en Moira Gibbs (PDSA).
Foto’s: Liezl van Niekerk Die span van ACTSA. Heel regs ater is dr. Cathy Fox (staatsveea­rts), Frieda Janse van Rensburg (DBV) en Moira Gibbs (PDSA).
 ??  ?? Makayla Bacon (ACTSA) tydens die eerste Spaya-Thon.
Makayla Bacon (ACTSA) tydens die eerste Spaya-Thon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa