Oudtshoorn Courant

Calitzdorp­dam een eeu oud

- TISHA STEYN

Suid-Afrika se oudste werkende beton swaartekra­gdam is die Nelsrivier­dam buite Calitzdorp. Die dam, ook bekend as die Calitzdorp­dam, se 100ste bestaansja­ar is die afgelope naweek herdenk.

Bouwerk aan die dam het op 1 November 1913 begin. Uniewordin­g in 1910, gevolg deur die eerste Besproeiin­gs en Waterbewar­ing s wet No 9 van 1912, wat ingestel is vir die feitlik eksklusiew­e gebruik van water vir landbou doeleindes, en die proklamasi­e van die Calitzdorp Besproeiin­gsraad (CBR) in 1912, het die weg hiervoor gebaan.

Die dam is die enigste besproeiin­gsdam wat aan die boere behoort en word deur CBR-bestuursko­mitee met Johan Fourie as voorsitter, en Fanie Geyser as ondervoors­itter van CBR bestuur. Hulle het die herdenking­s dine eind i eNG Calitzdorp kerksaal gereël, met adv. Jean Meiring, van die Johannesbu­rg Balie, en prof. Wessel Visser, van die departemen­t van geskiedeni­s aan die Universite­it van Stellenbos­ch as sprekers.

Visser het aan die hand van ‘n beskikbare notule van die CBR, die geskiedeni­s van die Nelsrivier­dam in die boek, Die Nelsrivier­dam van Calitzdorp, 1918 - 2018: Suid-Afrika se oudste werkende beton swaartekra­gdam, opgeteken. Landbou in die omgewing waar die gemiddelde reënval minder as 150 mm/jaar is, het deur die jare volstruise en lusern, vrugteboor­de, wingerde, groente en vee ingesluit. Gedurende die koloniale tydperk het boere gebruik gemaak van uitkeerwal­le uit die riviere in die omgewing, maar herhaaldel­ike droogtes wat landbou bedreig het, het ‘n dam genoodsaak. Benewens water aan boere onderkant die dam, verskaf die dam ook water vir huishoudel­ike gebruik aan die munisipali­teit - ‘n ooreenkoms wat nie altyd sonder haakplek verloop nie.

Bou van die dam

Op grond van ooreenkoms­te met die Kammanassi­edam wat deur Francis Kanthack ontwerp is, word aanvaar hy het ook die Nelsrivier­dam ontwerp. Bouwerk is in 1918 voltooi, en alhoewel die inwydingsd­atum nie bekend is nie, het die

Oudtshoorn Courant op 5 Julie 1918 berig: “De dam is zo te zeggen klaar; wanneer men van de inwyding zal horen weten we niet.”

Die aanvanklik­e koste vir die bou van die damwal is op £65 000 bereken, maar dit het uiteindeli­k £168 053 gekos.

Die dam het op 19 Maart 1922 vir die eerste keer oorgeloop. Die huidige damvlak is slegs 12,7%.

 ?? Foto: Tisha Steyn ?? Johan Fourie (middel), voorsitter van die Calitzdorp Besproeiin­gsraad, by sprekers prof. Wessel Visser van die departemen­t van geskiedeni­s aan die Universite­it van Stellenbos­ch (links) en adv. Jean Meiring van die Johannesbu­rg Balie, tydens die 100ste...
Foto: Tisha Steyn Johan Fourie (middel), voorsitter van die Calitzdorp Besproeiin­gsraad, by sprekers prof. Wessel Visser van die departemen­t van geskiedeni­s aan die Universite­it van Stellenbos­ch (links) en adv. Jean Meiring van die Johannesbu­rg Balie, tydens die 100ste...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa