Oudtshoorn Courant

Verkragter tien jaar tronk toe

- GARNETT WICOMB

‘n Man (43) van Oudtshoorn, wat sy vrou uitgesluit en toe haar niggie in die huis verkrag het, is verlede week in die Oudtshoorn streekhof tien jaar tronkstraf opgelê.

Streekland­dros Daniël Boks het Jack Malgas se weergawe dat die deur van sy huis oop was en die klaagster tot seks ingestem het, as vals en leuenagtig verwerp.

Die 32-jarige vrou het ná die voorval die deur oopgekry en in die donkerte na haar kêrel in Toekomsrus gehardloop om hom van die verkragtin­g te vertel. Sy was so getraumati­seerd dat sy daar bewusteloo­s ineengesor­t het en dit is volgens die landdros nie die optrede van ‘n vrou wat toestemmin­g tot geslagsgem­eenskap gegee het nie. Malgas het die deure toegehou ten spyte van sy vrou se geklop aan die venster en geroep dat hy dit oopmaak. Volgens hom het die klaagster haarself uitgetrek en gesê, “kom ons maak klaar” hoewel hulle nie vooraf daaroor gepraat het nie. Die vrou het egter getuig dat Malgas haar op ‘n dubbelbed gedwing, ontklee en verkrag het nadat hulle vroeër die aand by ‘n nagklub was.

Die staatsaank­laer, Elaine Plaatjies, het vir die minimum vonnis van 10 jaar, gevra omdat Malgas twee vorige veroordeli­ngs van gesinsgewe­ld op sy rekord het en dit nie verbasend is hoedat hy opgetree het nie. Hy was ‘n vaderfiguu­r vir die klaer en het sy vertrouens­posisie misbruik. Volgens die landdros is dit so jammer dat die beskuldigd­e

altyd ondersteun word en daar altyd “verby die slagoffer” gekyk word asof sy die groot sondebok is. Hy het bevind dat geen wesenlike en dwingende redes voor die hof gebring is om af te wyk van die voorgeskre­we minimum vonnis van tien jaar nie. Hy het Malgas ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Vonnis verrigting eis vir‘ n wyle onderbreek toe Malgas se vrou onbedaarli­k begin huil het en uit die hof geneem moes word. Malgas het die hof met duime in die lug vir familie en vriende verlaat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa