Oudtshoorn Courant

AfriForum betwis riooltarie­we

-

Die Oudtshoorn-munisipali­teit se riooltarie­we word deur AfriForum betwis.

Deon de Jager, AfriForum se Wes-Kaapse distrik s koördineer­der e nA r no Greyling, AfriForum Oudtshoorn se waarnemend­e voorsitter, het Woensdag 13 Junie ‘n aanmaning op die Oudtshoorn munisipale bestuurder, Allen Paulse, beteken. Volgens die aanmaning word uiteengesi­t dat die munisipali­teit se nuut-ingestelde riooltarie­we wat volgens aantal spoeltoile­tte bereken word, foutief is. In ‘n persverkla­ring skryf De Jager en Greyling: “Die berekening is in stryd met artikel 74(2)(b) van die Munisipale Stelselswe­t, 2000 (wet no. 32 van 2000) wat bepaal dat die bedrag wat individuel­e verbruiker­s van munisipale dienste moet betaal aan die hand van die gebruik van diesulke dienste bepaal moet word.”

Volgens AfriForum hou die aantal toilette wat ‘n huishoudin­g het, geen verband met die hoeveelhei­d riool wat op die perseel gegenereer word nie. Hulle uitgangspu­nt is dat die werking van spoeltoile­tte afhanklik is van water wat die munisipali­teit verskaf en dus bepaal kan word. Met meterlesin­gs kan die volume riool wat gegenereer word aan die hand van die waterverbr­uik bepaal word.

“In praktyk word die rioolgener­ering gewoonlik volgens klimatolog­iese omgewingsf­aktore op tussen 60% en 70% van die drink waterverbr­uik bepaal ,” sê AfriForum.

In die persverkla­ring sê hulle Paulse is gemaan om binne 14 dae ná datum van die skrywe aan te dui watter stappe in plek gestel gaan word om te verseker dat die munisipale raad die riool tarief berekening regstel, asook die rekeninge wat foutieweli­k op die aantal toilette gebaseer is.

“Indien die munisipali­teit in gebreke bly om aan AfriForum se versoek gehoor te gee, sal die organisasi­e remediëren­de stappe, wat moontlike regsaksie insluit, oorweeg.”

Paulse het Woensdag 20 Junie gesê: “Die munisipali­teit erken ontvangs van AfriForum se klagte. Die aanmaning geniet aandag en ons sal binne 14 dae daarop reageer.”

Greyling het aan die Oudtshoorn Courant gesê: “Ons is tevrede met die munisipali­teit se reaksie en gee hulle ‘n billike kans om op die aanmaning te reageer.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa