Oudtshoorn Courant

Collegians gelukkig om Uniondale te wen

-

In‘ nS W D President s liga rugbywedst­ryd was die eerste span van Collegians gelukkig om teen Uniondale met 18-17 te wen. Die rustydtell­ing was drie elk.

Die wedstryd het Saterdag 16 Junie op die Bridgton-sportterre­in plaasgevin­d.

Collegians se voorsitter, Julian Fillies, het gesê: “Dit is ’n wedstryd wat Collegians gou moet vergeet. Sulke doellose spel en geen rigting nie is nie wat Collegians so vroeg in die seisoen vorendag mee moes kom nie. Die besluitnem­ing was swak en die ou siekte - onnodige foute - het weer sy verskyning gemaak. Aan die anderkant kon Uniondale ook nie die foute uitbuit nie, want hulle was daarop uit om te negatief te speel.”

By Collegians was geen samespel te bespeur tussen die voor- en agterspele­rs nie. Elkeen wou op sy eie probeer die wedstryd wen. Na rustyd het dit gelyk of die afrigter van Collegians hard met die spelers gedurende rustyd gepraat het.

Daarna het die spelers met meer vuur gespeel. Fillies het die een flank, Michael Tyali, uitgesonde­r vir goeie spel. “Hy het sy man gestaan en duikslag na duikslag uitgevoer het.”

Na beter samespel deur die voor- en agterspele­rs, het die regtervleu­el van Collegians, Marshall Fortuin, oorgeduik vir die eerste drie van die wedstryd. Die heelagter, Roberto Botha, het die drie verdoel om te telling op 10-3 te staan te bring.

Swak verdedigin­g was die oorsaak dat Uniondale maklik deur ‘n gaping gebreek het vir ‘n verdoelde drie.

Met die telling tien elk het die wedstryd in doellose skoppery en onnodige foute aan beide kante ontaard. Na onkantspel deur Uniondale slaag Botha met ‘n strafskop, wat Collegians weer laat voorloop met 13-10.

Met slegs vyf minute speeltyd oor het Uniondale deur die verdedigin­g van Collegians gebars en onder die pale gaan druk. Die drie is verdoel en die telling was 17-13 in Uniondale se guns.

Met die inskop het Collegians verwoed aangeval en met hul bekende dryfmaal die verdedigin­g van Uniondale laat bontstaan. Daar was geen keer aan Collegians nie en die damwal van Uniondale moes breuk om Nagel Cupido, slot van Collegians, te laat oorduik oor in die hoekie vir ‘n drie.

“Die wedstryd het op ‘n laagtepunt geëindig toe Uniondale ongelukkig was met die skeidsregt­er se beslissing en hom verbaal aangeval het.

“Hoe meer die skeidsregt­er probeer verduideli­k het, hoe meer het hulle aangehou om hom uit te skel en die veld verlaat voordat die skeidsregt­er die eindfluitj­ie kon blaas.”

Collegians se afrigter, Seppie Ekstraal, het na die wedstryd hard met sy spelers gepraat. Volgens Fillies het Ekstraal hulle gevra om te besluit of hulle wil rugby speel.

Collegians se B-span het hul eweknie van Uniondale met 15-10 gewen.

Collegians se volgende wedstryd is op 30 Junie teen Al l B la c k sop die Bridgton sportterre­in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa