Oudtshoorn Courant

Rofstoei sorg vir opwinding

- CHRISTO VERMAAK

Opwinding het geheers by die geldinsame­lingsdag vir Big Bad Bruce, ‘n Oudtshoorn­iet en voormalige stoeier, wat beide sy bene gedeelteli­k weens diabetes verloor het.

Bruce het 18 jaar amateur en 21 jaar profession­eel gestoei voor hy in 2010 weens diabetes sy stoeiloopb­aan moes staak.

Die stoeikampi­oenskap het Saterdag 16 Junie by Smitswinke­l in Oudtshoorn plaasgevin­d.

Ongeveer 200 mense het dit bygewoon, om te sien hoe Bruce se voormalige stoeivrien­de én vyande mekaar die stryd aansê. Die stoeiers was Terri Middoux the Frenchmen, Blacksmith, Ratel, Dirty Angel, Dirty Angel 2, Devon Shooter, Phantom, PE Warrior, TNT Explosion, Woodcarver, Ananzi.

Bruce is self op ‘n stadium in sy rolstoel in die kryt gesit saam met een van sy vyande, Dirty Angel. Volgens Bruce het Dirty Angel sedert 2009 ‘n wrok teen hom omdat hy hom met ‘n stoel in die hospitaal in geslaan het.

“Dirty Angel het my van agter gegryp en in my rolstoel by die kryt probeer uitstoot, maar my stoeivrien­de het my gehelp.”

Volgens Bruce se suster, Gerda Tait, het Dirty Angel te kenne gegee dat hy dit nie daar gaan laat nie en teen Oktober gaan terugkeer om teen Bruce en sy vriende wraak te neem.

Bruce verwelkom die beoogde dag se gevegte.

Die stoei was ’n geldinsame­ling vir Big Bad Bruce om ‘n elektriese rolstoel te bekom.

Bruce beplan om ‘n amateur-stoeiklub in Oudtshoorn te begin. Belangstel­lendes kan Tait by 074 474 7743 skakel.

 ??  ??
 ??  ?? Ananzi. het Devon Shooter in ‘n kopklem.
Ananzi. het Devon Shooter in ‘n kopklem.
 ??  ?? Big Bad Bruce in sy rolstoel in die kryt.
Big Bad Bruce in sy rolstoel in die kryt.
 ??  ?? Ratel in aksie.
Ratel in aksie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa