Oudtshoorn Courant

Beweerde kinderverk­rag-ter in hof

- LIEZL VAN NIEKERK

Die gemeenskap van Ladismith het Maandag aan ‘n vreedsame plakkaatop­tog voor die Ladismith-landdrosho­f deelgeneem.

Die man wat na bewering ‘n 9-jarige meisie op 11 Junie in Ladismith verkrag het, het vir ‘n borgtogaan­soek verskyn. Die landdros het egter die aansoek na 25 Julie uitgestel.

Die Oudtshoorn Courant het vroeër die maand berig dat die 64-jarige man twee dae soek was voor die polisie hom in Oudtshoorn in hegtenis geneem het.

Die man het na bewering die meisie R10 betaal om hom die pad na Zoar te wys waar hy haar langs die pad tussen bosse verkrag het. Die meisie is in George-hospitaal geopereer en sterk by die huis aan. Volgens betroubare inligting wat die

Oudtshoorn Courant ontvang het, was daar ‘n lasbrief uit vir sy arrestasie omdat hy in twee ander dorpe in die Wes-Kaap, Kleinvlei en Tulbagh, vir verkragtin­g gesoek word. Hy het glo nie vir sy hofsake opgedaag nie en word as ‘n vlugrisiko hanteer. Beide die klaers in die sake waarvoor die verdagte in die hof moes verskyn, is glo 16 jaar oud.

Die man se naam is aan die Oudtshoorn Courant bekend, maar kan nie bekend gemaak word voordat hy in die hof gepleit het nie. (In seksuele sake moet beskuldigd­es eers pleit voordat hul identiteit bekend gemaak word.)

Hy het verskeie byname, onder andere, Duiwel en Devil Eyes.

Bradley Benadus, ‘n gemeenskap­sleier van Ladismith, het vandag ‘n memorandum aan die staatsaank­laer in die saak oorhandig.

Volgens hom is die gemeenskap geweldig ontsteld oor die verkragtin­g van die jong meisie.

In die memorandum eis die gemeenskap dat borgtog aan die beweerde verkragter geweier word en ook dat hy nie langer in die Ladismith-gevangenis aangehou word nie.

“As gemeenskap voel ons vreesbevan­ge in ons eie dorp,” lui ‘n deel van die memorandum.

 ??  ?? Kinders van Ladismith het ook aan die optog deelgeneem om hul stem teen verkragtin­g van kinders te lig.
Kinders van Ladismith het ook aan die optog deelgeneem om hul stem teen verkragtin­g van kinders te lig.
 ??  ?? Dié foto van die beweerde verkragter van die negejarige meisie in Ladismith is aan polisieled­e versprei as deel van die soektog na die verdagte. Die foto’s het ook op sosiale media beland.
Dié foto van die beweerde verkragter van die negejarige meisie in Ladismith is aan polisieled­e versprei as deel van die soektog na die verdagte. Die foto’s het ook op sosiale media beland.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa