Oudtshoorn Courant

Munisipale bestuurder reageer op riooltarie­we

-

In reaksie op ‘n navraag oor AfriForum se klag ten opsigte van riooltarie­we (Oudtshoorn Courant 22 Junie) het die munisipale bestuurder as volg reageer: Die skrywe ontvang vanaf AfriForum onder die hand van Meneer A. Barnard, gedateer 12 Junie 2018 het betrekking:

Eerstens wil die munisipali­teit dit op rekord plaas dat daar op verskeie geleenthed­e met meneer Barnard in sy persoonlik­e hoedanighe­id insake die aangeleent­heid gekommunik­eer is, die feite van die saak is ook in ‘n vergaderin­g tussen meneer Barnard, die speaker van die Oudtshoorn munisipali­teit, die munisipale bestuurder asook die raadslid belas met finansies op die uitvoerend­e burgemeest­ers komitee verduideli­k.

Die munisipali­teit wens om voorts die volgende ter verdere verduideli­king te stel:

Die munisipali­teit is deeglik bewus van sy grondwetli­ke verantwoor­delikheid met betrekking tot die lewering van dienste asook die hef van gelde vir die lewering daarvan ingevolge die Grondwet, (Wet 108 van 1996) veral met verwysing na Artikel 229(1).

Artikel 74(2)(b) van die Munisipale Stelselswe­t, (Wet 32 van 2000) bepaal soos volg: (eie vertaling) ‘n Tariefbele­id moet ten minste die volgende beginsels reflekteer, (b) die bedrag wat individuel­e gebruikers van dienste betaal behoort in die algemeen in verhouding tot hul gebruik van die dienste te wees.

Dit is duidelik uit die voorgaande aanhaling dat daar verwys word na die tariefbele­id wat sekere beginsels behoort te bevat wat wel die geval is.

Wanneer daar verwys word na die verwantska­p tussen die aantal toilette en die vlak van dienste of gebruik kan dit in ons opinie nie in isolasie van mekaar gesien word nie. Die potensiaal van gebruik van die diens is sonder twyfel beskikbaar vir die verbruiker en die frekwensie van gebruik of nie-gebruik daarvan is ongelukkig nie in die beheer van die munisipali­teit nie, dit word uit keuse van die verbruiker uitgeoefen.

Die volume van rioolafvlo­ei as persentasi­e van waterverbr­uik soos aangehaal is nie noodwendig verteenwoo­rdigend van die norm vir Oudtshoorn nie, in die geval van Oudtshoorn beloop dit gemiddeld 372% wat ‘n beduidende afwyking van die norm is waarna u verwys.

Met verwysing na die “konsepwysi­gings” wil ons dit aan u uitwys dat die kennisgewi­ng wat u aanhaal in u skrywe, en wat meneer Barnard persoonlik in sosiale media versprei as wetgewing ten einde die munisipali­teit in die verleenthe­id te probeer stel, slegs ‘n konsep is wat deur die eertydse minister vir kommentaar gepublisee­r is. In ‘n vergaderin­g met die munisipali­teit waar die Departemen­t van Waterwese verteenwoo­rdig was, is dit ook bevestig dat die kennisgewi­ng slegs ‘n konsep was en nooit regsgeldig gemaak was nie.

U gevolgtrek­king aangaande die vereiste van die bestaande wetgewing is duidelik misplaas aangesien dit blyk dat u deurgaans u opinie baseer op konsepregu­lasies wat tans geen regskrag het nie. Inteendeel, daar is geen verwysing in die huidige wetgewing wat die wyse van toepassing van die huidige riooltarie­f van Oudtshoorn verbied word nie.

Ten einde te verseker dat ons in die beste belang van die munisipali­teit en sy gemeenskap­pe optree, het die munisipali­teit, ter voorbereid­ing van die begroting vir die 2018/2019 boekjaar, ‘n tariefstud­ie na riooltarie­we gedoen waar die volgende inligting tot ons aandag gekom het:

72, 36% van die eiendomme in Oudtshoorn het slegs een toiletfasi­liteit, 15,09 % het 2 toilet fasiliteit­e ,8,87% het 3 toilet fasiliteit­e terwyl slegs 2,9% van eiendomme, wat ook die kategorie verteenwoo­rdig waarbinne meneer Barnard val, is toegerus met tussen 4 en 7 toilet fasiliteit­e wat die absolute minderheid van eiendomme verteenwoo­rdig.

Met die tariefvass­telling vir die 2018/2019 finansiële jaar moet alle faktore wat ‘n impak op die bedryf van die diens het, asook ‘n impak op die bekostigba­arheid vir die breër gemeenskap het, in aanmerking geneem word alvorens in besluit in hierdie verband deur die raad geneem kan word.

Vervolgens het die tariefstud­ie aangedui dat indien ‘n eenvormige tarief per eiendom toegepas word, 72,36% van die eiendomme ‘n 47,3% verhoging in die gesig staar, 15,1% van die eiendomme in ongeveer dieselfde posisie sal wees, 8,77% van residensië­le eiendomme wat 3 toilet fasiliteit­e het ‘n groot verlaging in aanslag sou kry, en slegs 2.9% van residensië­le eiendomme wesenlik sou baat vind by ‘n eenvormige enkeltarie­f per eiendom.

Met inagneming van die voorgaande, en om die meerderhei­d van kliënte te beskerm teen uitermatig­e tariefverh­ogings, het die raad besluit om die status quo te handhaaf en riooltarie­we op dieselfde basis te hef as wat tans die geval is.

Ter ondersteun­ing van die raad se standpunt en tarieftoep­assing is ‘n analise gedoen van 14 ander munisipali­teite in die Wes-Kaap waaronder George, Knysna, Mosselbaai, Hessequa, Swartland, Langeberg, Overstrand, Breëdevall­ei, Swellendam, Saldanha, Beaufort Wes, Kaap Agulhas, Witzenberg en Bitou, en dit is gevind dat met die uitsonderi­ng van een van die munisipali­teite wat ‘n riooltarie­f toepas as ‘n kombinasie van In vaste tarief en‘ n per kiloliter waterverbr­uik s heffing, alle ander munisipali­teite riooltarie­we toepas op ’n vaste tariefbasi­s.

Ten einde uitvoering te gee aan die verantwoor­delikheid wa tru sop die munisipali­teit ingevolge die munisipale tariefbele­id en verordenin­ge om bekostigba­re tariewe te hef, het die munisipali­teit besluit om nie die grootste gedeelte van die belastingb­asis bloot te stel aan astronomie­se verhogings, ten einde ‘n geringe persentasi­e (2.9%) van die eiendomme, wat hoogs waarskynli­k in ‘n beter posisie is om die dienste te bekostig te bevoordeel nie.

Die toepassing van riooltarie­we soos in u skrywe voorgestel bevat verskeie onbekende faktore wat ‘n negatiewe impak op die voorspelba­arheid van munisipale inkomste en lewensvatb­aarheid van die diens kan hê soos byvoorbeel­d; droogte toestande en die impak daarvan op water verbruik en derhalwe rioolheffi­ngs akkuraathe­id van verouderde meter infrastruk­tuur asook die voortgeset­te verpligtin­g op die munisipali­teit om deernis huishoudin­gs te subsidieer. Die voorgaande faktore kan ‘n impak hê op die volhoubaar­heid van die diens welke verpligtin­g op die munisipali­teit rus om te beskerm en te verseker soos gevind in Artikel 74(2)(e) van die Munisipale Stelselswe­t.

Ek wil dit derhalwe aan u stel dat die munisipali­teit, ingevolge die bestaande wetlike raamwerk, en in die beste belang van die gemeenskap­pe van Oudtshoorn opgetree het met die vasstellin­g van die riooltarie­we vir die 2018/2019 finansiële jaar en dat dit geensins onwettig of ongrondwet­lik is nie.

Ons vertrou dat die inligting hierin u navraag in hierdie verband voldoende beantwoord. MNR. A.A. PAULSE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa