Oudtshoorn Courant

Nuwe trompet vir Francois

- LIEZL VAN NIEKERK

Die bekende blokfluits­peler van Oudtshoorn, Francois Tiemie (34), het Dinsdag ‘n splinternu­we trompet ontvang.

Cameron Dugmore, ANC-parlements­lid, het Dinsdag tydens die oorhandigi­ng vertel dat hy Tiemie in Meimaand tydens ‘n besoek aan Oudtshoorn in Bridgton gesien blokfluit speel het. “Ons het begin gesels en hy het my sy storie vertel. Hy het gesê dat sy grootste begeerte was om sy eie trompet te hê. Ek het daarna ‘n video op Facebook gesit en gevra

of iemand nie kan help om vir hom ‘n trompet te kry nie.”

Danie Malan van Old Mutual, het volgens Dugmore, kontak gemaak met hom en gesê hulle sal help om vir Tiemie ‘n trompet te kry.

Dugmore sê om mense te bemagtig en te help is deel van die proses om Suid-Afrika te laat groei en dit is vir hom ‘n voorreg om daarvan deel te wees.

Die United Congregati­onal Church se brigade het Dinsdag ‘n spesiale opvoering vir Tiemie voor Clicks gedoen. Tiemie is ‘n jare lange lid van die brigade.

Volgens Anthony Ewerts, ‘n lid van die ANC, ken hy Tiemie al van kinderdae af.

“Francois het sy moeder tydens geboorte verloor en het by sy ouma grootgewor­d. Sy ouma is dood toe hy 19 jaar oud was en hy het sedertdien ‘n swerwersbe­staan gevoer. Hy was egter van kleins af deel van die kerk se brigade en het nog altyd ‘n passie vir musiek gehad. Hy verdien geld deur sy blokfluit in Hoogstraat te speel. Weens sy gestremdhe­id het hy ook nie skool klaargemaa­k nie.”

Tiemie was baie opgewonde oor die nuwe trompet wat hy ontvang het en het Dugmore en Old Mutual bedank.

 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk ?? Van links is Cameron Dougmore, Francois Tiemie en Jenny Montagu (verkoopsbe­stuurder van Old Mutual).
Foto’s: Liezl van Niekerk Van links is Cameron Dougmore, Francois Tiemie en Jenny Montagu (verkoopsbe­stuurder van Old Mutual).
 ??  ?? Francois Tiemie toets sy nuwe trompet.
Francois Tiemie toets sy nuwe trompet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa