Oudtshoorn Courant

Pasop vir Ryan

- HANNES VISSER

Verskeie loodgieter­s en soortgelyk­e diensversk­affers is die afgelope twee weke deur ‘n man, bekend as Ryan, ingeloop nadat hy hulle vir dienste genader het.

Volgens een van die loodgieter­s het Ryan hom geskakel en gesê hy en sy vrou bedryf ‘n klein gastehuis buite Oudtshoorn waar hy dringende herstelwer­k aan ‘n geiser benodig. Hy het gesê dat hy R10 000 beskikbaar het vir herstelwer­k. Die loodgieter het ‘n afspraak gemaak om na die gastehuis te gaan.

“Net voordat ek gery het, het hy my geskakel en gevra of ek vir hom R550 se lugtyd kan koop aangesien hy nie dorp toe kan kom nie en vir my die geld sou teruggee as ek by sy huis kom,” het die man gesê. Hy sê dat Ryan hom egter net daarna geskakel het en gevra het vir die lugtyd se verwysings­nommer omdat hy glo dringende oproepe moet maak.

Volgens hom het hy glad nie daaraan gedink dat dit moontlik ‘n slenter kan wees nie en hy het die nommers aan Ryan gegee. Hy het egter besef hy is sy geld kwyt toe hy geen gastehuis kon opspoor nie. Nadat hy sy ervaring vir ander mense vertel het, het hy besef ‘n hele aantal loodgieter­s en gasverskaf­fers is deur Ryan ingeloop. Volgens die man is Ryan baie oortuigend.

Die Oudtshoorn Courant het Ryan sedert Dinsdag op die selfoonnom­mer wat hy aan die loodgieter­s verskaf het, probeer kontak, maar die foon is skynbaar af. Dit blyk dat Ryan ook onderneem om geisers vir mense te installeer, maar daar word van hulle verwag om R350 as “uitroepkos­te” per selfoon, aan hom oor te betaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa