Oudtshoorn Courant

Paartjie in Knysna vasgetrek

- LIEZL VAN NIEKERK

Die nuus oor die werknemer van Badenhorst Slaghuis, Fritz Jacobs, wat Woensdag met R242 000 van die werk se geld en in die werk se voertuig saam met sy vriendin verdwyn het, het Woensdag groot opslae op sosiale media veroorsaak. Sy vriendin is Tammy Weyers (27) wat ook ‘n Facebook-profiel as Tammy Michelle Martin het.

Die paartjie se rit met die werksbakki­e was egter van korte duur en hulle is Donderdago­ggend vroeg in Knysna in hegtenis geneem. Die bakkie en die geld is ook gevind. Dit is egter nog nie duidelik of die hele bedrag teruggevin­d is nie. Frederick Jacobus Francois Jacobs was die afgelope vier maande as gesondheid­s- en veiligheid­sbestuurde­r in diens van Badenhorst Slaghuis. Volgens die mede-eienaar van die slaghuis, Bennie Byleveld, was Jacobs onder andere verantwoor­delik daarvoor om geld te gaan bank en hy het dit gereeld gedoen.

“Hy sou oudergewoo­nte Woensdagog­gend die geld gaan bank het. Onder normale omstandigh­ede bel hy en sê my as hy by die een bank klaar is en op pad is na die volgende een. Hy het my gister nie gebel nie en ek het toe die banke gebel. Toe ek agterkom dat hy nog nie by die banke was nie het ek dadelik onraad vermoed.”

Byleveld sê hy en die polisie was Woensdag saam by die vriendin se werk gewees, maar het uitgevind dat sy nie vir haar skof opgedaag het nie.

Jacobs en Weyers het saam gewoon en, volgens Byleveld, was die motorfiets waarmee hulle gereeld gery het nog by die woonstel wat hulle gedeel het. Beide hulle selfone was sedert Woensdag afgeskakel.

Jacobs, wat oorspronkl­ik van Van der Bijlpark kom, se broer was volgens Byleveld uiters besorg oor die verdwyning en het gereeld geskakel om te hoor of daar nuus is. Boodskappe wat op Badenhorst Slaghuis se Facebook-blad geplaas was, was binne ure wyd gedeel en het ‘n groot aantal kommentare ontlok. Dit is ironies dat Jacobs verantwoor­delik was vir die bestuur van dieselfde Facebook-blad voordat hy verdwyn het.

Volgens Byleveld het die polisie hom gisterogge­nd in kennis gestel dat Jacobs en Weyers in Knysna aangekeer is. Teen spertyd kon hy nog nie bevestig of al die geld nog in die paartjie se besit was nie.

Sersant Gretchen Micheals, woordvoerd­er van die Oudtshoorn­polisie, sê Jacobs en Weyers is op ‘n klag van diefstal en op ‘n klag vir die gebruik van ‘n voertuig sonder die eienaar se toestemmin­g in hegtenis geneem. Die twee verdagtes sal in alle waarskynli­kheid vandag in die Oudtshoorn-landdrosho­f verskyn.

 ??  ?? Fritz Jacobs en Tammy Weyers (Martin)
Fritz Jacobs en Tammy Weyers (Martin)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa