Oudtshoorn Courant

Kind deur vragmotor getref

- HANNES VISSER

Rowayda Kammies, die 13-jarige meisie wat Maandag deur ‘n ligte vragmotor op die De Rust-pad getref is, is steeds in die hospitaal. Haar beserings is ernstiger as wat aanvanklik berig is. Rowyda se ouers, Annie Kammies en Frederick Hendricks besoek haar gereeld in die hospitaal.

Die 13-jarige meisie wat Maandag by ‘n beheerpunt by padwerke op die De Rust-pad deur ‘n ligte vragmotor getref is, is steeds in die hospitaal.

Rowyda Kammies was Maandag deel van ‘n groep kinders wat by wagtende motors by die padwerke was. Volgens beamptes by die beheerpunt het die kinders weggehardl­oop toe hulle deur een van die werkers aangespree­k is omdat van hulle die motoriste lastig val vir geld en kos.

Rowyda het oor die pad gehardloop en voor aankomende verkeer beland. Haar ma, Annie, was by die huis in die nabygeleë Rose Valley ongeveer ‘n kilometer van die pad af, toe kinders haar laat weet het Rowyda is getref. Sy en haar man Frederick Hendricks het Dinsdag aan die Oudtshoorn Courant gesê ouers in die gemeenskap raas gereeld met kinders wat motoriste by die beheerpunt pla. Annie sê sy het by die toneel gekom toe Rowyda in die ambulans gelaai is. “Sy het beserings aan haar buik en haar gesig en kop is stukkend en ‘n groot deel van haar lyf is rou soos sy op die pad geval het.”

Volgens haar moet Rowyda moontlik nog vir ses weke in die hospitaal bly. Sy sê hulle was ook bekommerd dat Rowyda se kunsoog wat sy sedert haar tweede jaar het, beskadig is. Sy het haar oog in ‘n fratsongel­uk met ‘n mes op tweejarige ouderdom verloor. “Die oog was toegeswel, maar die kunsoog was darem nie beskadig nie.”

Rowyda het in haar hospitaalb­ed aan die

Oudtshoorn Courant gesê sy kan nie onthou wat gebeur het nie. “Ek het net saam met ‘n maatjie na die karre toe gegaan, maar ek wou toe huis toe gaan. Toe ek oor die pad

hardloop het iets my raakgery en ek het geval. Dit was baie seer.”

Volgens Nadia Ferreira, woordvoerd­er van die departemen­t van gesondheid, word Rowyda vir verskeie wonde en ‘n fraktuur behandel.

Die Oudtshoorn

Courant het ‘n navraag aan die Wes-Kaapse departemen­t van vervoer gestuur aangesien die koerant ongeveer ‘n maand gelede reeds berig het oor kinders wat by die spesifieke punt by motors bedel.

In reaksie op die jongste navraag het Byron la Hoe, woordvoerd­er van die department gesê, hulle projekbest­uurder gee aandag aan die voorval en sal terugvoeri­ng verskaf. Die Oudtshoorn

Courant het gevra of daar nie kennisgewi­ngs by die twee beheerpunt­e op die pad aangebring kan word om motoriste te vra om nie geld of kos aan kinders wat bedel, te gee nie, La Hoe het hierop geantwoord dat die oprigting van borde aan streng maatreëls moet voldoen en dat borde ook op so ‘n wyse bewoord moet word dat die boodskap nie aanstoot gee nie.

Volgens beamptes wat by die punt diens doen is kinders wat bedel ‘n daaglikse probleem. Een van die beamptes het gesê dat daar al voorvalle was waar kinders hulle onder klippe gesteek het omdat hulle weggejaag word.

 ??  ??
 ?? Foto: Hannes Visser ?? ‘n Verkeersbe­ampte en werknemers van die konstruksi­emaatskapp­y wat besig is met padwerke, by die plek waar Rowyda Kammies Maandag raakgery is.
Foto: Hannes Visser ‘n Verkeersbe­ampte en werknemers van die konstruksi­emaatskapp­y wat besig is met padwerke, by die plek waar Rowyda Kammies Maandag raakgery is.
 ??  ?? Die ligte vragmotor wat Rowyda getref het toe sy oor die pad gehardloop het.
Die ligte vragmotor wat Rowyda getref het toe sy oor die pad gehardloop het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa