Oudtshoorn Courant

Grotte weer funksioner­end en winsgewend

- LIEZL VAN NIEKERK

Stabiele politici, kundige amptenare en beter finansiële bestuur en administra­sie is van die faktore wat die laaste drie jaar ‘n rol gespeel het om die Oudtshoorn­munisipali­teit en die Kango-grotte weer funksioner­end en winsgewend te maak.

Dit is volgens drie provinsial­e ministers, dr. Ivan Meyer, minister van finansies, Anton Bredell, minister van plaaslike regering en Donald Grant, minister van vervoer en publieke werke, wat Dinsdag tydens ‘n spesiale mediakonfe­rensie by die grotte die media ingelig het oor die positiewe groei in die dorp se bestuur en finansies.

Volgens Meyer was die dorp se finansies beroerd en die grotte op pad om te sluit.

“Ons kan met trots sê dat die munisipali­teit se skuld afbetaal is en dat die grotte vir die eerste keer in jare weer ‘n wins toon.”

Volgens hom is die grotte nie net ‘n groot bate vir Oudtshoorn nie, maar dra dit ook by tot die toerisme van die Eden-distrik.

“Verlede jaar het die grotte ‘n rekordgeta­l besoekers van 270 000 gehad in vergelykin­g met 2015 se 250 000 besoekers. Die grotte toon ook ‘n wins van R1,27 miljoen vir 2018 en hul inkomste het met 34% van R13,28 miljoen in 2015 na R17,8 miljoen vanjaar gestyg.”

Meyer sê dit is slegs te danke aan beter bestuur by die grotte en geen politieke inmenging die afgelope tyd nie.

Bredell het gesê inwoners moet in ag neem dat dit tyd neem om ‘n dorp soos Oudtshoorn weer gesond te kry.

“Ons moet nie in die verlede leef nie, maar eerder daaruit leer. Die grotte was onder geweldig baie druk. Daar was R16 miljoen wat totaal en al net verdwyn het en hul skuld was nie betaal nie. Dit is met trots dat ons kan sê Eskom is ook betaal. Dit klink dalk nie na iets groot nie, maar mense besef nie die impak wat daardie skuld op die dorp gehad het nie. Eskom weier om in Oudtshoorn te belê as gevolg van wat in die verlede gebeur het. Dit is geweldig moeilik om beleggers se vertroue weer te wen.”

Volgens hom het die plaaslike regering baie in die dorp belê om weer die dorp en ook toerisme te laat floreer.

“Die gemeenskap van Oudtshoorn moet voordeel trek uit winste wat gemaak word. Om Oudtshoorn uit armoede te haal is die toekomspla­n.”

Grant het op sy beurt gesê dat die herstel van paaie soos die Swartbergp­as en De Rustpad bydrae tot beter toerisme.

Alison Moos, waarnemend­e bestuurder van die grotte, sê sy trots op die vordering wat die laaste paar jaar gemaak is.

“Daar is steeds baie werk. Die gebou moet opgradeer word, maar daar is ‘n drie jaar plan in plek vir dit. Dit gaan ook goed wat die bemarking plaaslik en internasio­naal aan betref. Ons werk nou saam met die plaaslike toerismeka­ntoor wat help met die bemarking.”

Water

Die grootste probleem wat Oudtshoorn tans in die gesig staar is die droogte. Volgens Bredell sal die dorp vinnig hul lewenstyl moet aanpas en water begin bespaar.

“Daar is ‘n swemgala wat in Oudtshoorn aangebied gaan word. Daar is sewe swemgalas vir die swemseisoe­n. Dit is ‘n geweldige finansiële hupstoot vir die dorp en weens die waterkwess­ie kan dit problemati­es wees. Die regering gaan egter ‘n miljoen liter water laat aanry vir dié geleenthei­d.”

Volgens hom het die waterkwess­ie in die Kaap mense laat wakkerskri­k oor hoe spesiaal water as brons is.

“Ons kon in 12 maande inwoners se koppe swaai oor waterbespa­ring en Kapenaars is reeds in so ‘n roetine dat dit ‘n leefstyl geword het. Party mense het geglo dag die woord “Dag Zero” histerie gaan veroorsaak, maar dit was bydraend tot die besef dat water wel kan opraak en bespaar moet word.

Ntobeko Mangqwengq­we, senior woordvoerd­er van die munisipali­teit, het Woensdag gesê die damvlak is tans op 41,68% in vergeleke met verlede week se 39,49%.

“Dit is egter moeilik om ‘n dag Zero vas te stel om die munisipali­teit dalk water aan boere kan uitpomp en water van die Melvilleda­m af ingepomp kan word. Indien dit nie gebeur nie is daar genoeg water vir die volgende sewe en ‘n half maande.”

 ??  ?? Van links: Raadslid Johan Fourie, minister Anton Bredell, raadslid George Kersop, minister Donald Grant, waarnemend­e bestuurder van die grotte, Alison Moos, burgemeest­er Colan Sylvester, Tertuis Simmers en speaker Julia Roberts.
Van links: Raadslid Johan Fourie, minister Anton Bredell, raadslid George Kersop, minister Donald Grant, waarnemend­e bestuurder van die grotte, Alison Moos, burgemeest­er Colan Sylvester, Tertuis Simmers en speaker Julia Roberts.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa