Oudtshoorn Courant

Nuwe hoop vir Oudtshoorn

- HANNES VISSER

Verskeie rolspelers in die ekonomie en bestuur van Oudtshoorn het Dinsdagaan­d en Woensdagog­gend die versekerin­g ontvang dat die ekonomiese herstel van die dorp vinniger plaasvind as wat voorspel is.

Volgens Attie van Zyl en Charl Bouwer van Inca Potfolio Management in Johannesbu­rg gebruik hulle Oudtshoorn tans as ‘n voorbeeld van wat vermag kan word as administra­sie toegelaat word om sonder politieke inmenging en met goeie bestuur te funksionee­r.

Van Zyl, HUB van Inca, het Dinsdagaan­d by ‘n dinee by De Opstal, Inca se bevindings van hulle werk met die munisipali­teit die afgelope twee jaar met genooide gaste gedeel.

Twee Wes-Kaapse ministers, Anton Bredell (plaaslike regering) en Anroux Marais (kultuursak­e en sport) was onder die gaste. Inca is aan die einde van 2015 deur Bredell aangestel om ‘n finansiële omkeerstra­tegie vir Oudtshoorn te implemente­er nadat hy die dorp onder administra­sie geplaas het. Tydens sy aanbieding het Van Zyl die munisipale bestuurder, Allen Paulse en Felix Lötter, direkteur van finansies gelukgewen­s met die wyse waarop hulle die krisis bestuur het. Volgens Van Zyl het hulle aanvanklik bereken dat dit Oudtshoorn drie tot vier jaar gaan neem om die reuseskuld­las wat die raad in 2015 gehad het, af te betaal en ‘n positiewe bankbalans te hê.

“Die munisipali­teit het egter, met streng bestuur, daarin geslaag om binne slegs twee jaar R110 miljoen se skuld aan diensversk­affers sowel as R54 miljoen skuld aan Eskom terug te betaal. Hulle het nie net die skuld terugbetaa­l nie, maar ook daarin geslaag om kontant van ongeveer R70 miljoen in die bank te kry. Dit nadat hulle ‘n bankskuld van omtrent R48 miljoen ook nog geërf het,” het hy gesê.

Paulse het op sy beurt gesê dat Oudtshoorn nog groot uitdagings in die gesig staar, maar dat die situasie besig is om drasties te verbeter. Hy het gesê dat die topbestuur van die munisipali­teit sowel as die verskillen­de politieke partye tans saamwerk met een doel voor oë; om die dorp weer op ‘n gesonde finansiële voet te kry wat inwoners sal bevoordeel. Die dinee van Dinsdagaan­d is uit borgskappe van verskeie besighede in Oudtshoorn en George gefinansie­r.

Van Zyl en Bouwer het ook Woensdagog­gend verskeie sakemense by Turnberry Boutique Hotel toegespree­k. Na afloop van die aanbieding het een van die sakemanne met uitgebreid­e belange op die dorp te kenne gegee dat hulle, nadat die nuutste inligting voorgehou is, weer vertroue het om in die dorp te belê en ook mense van buite sal aanmoedig om te belê.

Van Zyl het gesê dit is nou uiters belangrik dat die breër gemeenskap van Oudtshoorn en die sakegemeen­skap ‘n positiewe boodskap van die dorp uitdra wat kan bydra tot ekonomiese groei.

In reaksie op ‘n vraag oor watter stappe geneem word teen diegene wat verantwoor­delik was vir die verlies van miljoene rande, het Paulse gesê die Valke het hulle ondersoeke afgehandel en die dossiere is tans by die Direkteur van Openbare Vervolging wat die kriminele proses verder sal hanteer.

 ??  ?? Tydens Woensdagog­gend se voorleggin­g aan sakelui van Oudtshoorn was, van links: Felix Lötter (direkteur finansies), Allen Paulse (munispale bestuurder), George Kersop (raadslid en voorsitter van die finansiële komitee, Attie van Zyl (HUB van Inca Portfolio Management) en sy vennoot Charl Bouwer.
Tydens Woensdagog­gend se voorleggin­g aan sakelui van Oudtshoorn was, van links: Felix Lötter (direkteur finansies), Allen Paulse (munispale bestuurder), George Kersop (raadslid en voorsitter van die finansiële komitee, Attie van Zyl (HUB van Inca Portfolio Management) en sy vennoot Charl Bouwer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa