Oudtshoorn Courant

Boeremusie­kfees groei jaarliks

- HANNES VISSER

Die Grootvoël-boeremusie­kfees wat die afgelope naweek by Brian’s Grill aangebied is het byna 1 000 mense gelok. Agt boeremusie­korkeste van so vêr as Namibië, Gauteng en die Kaap het die dansvloer lewendig gehou.

Sewe gemeenskap­sradiostas­ies in verskillen­de dele van die land, het blootstell­ing aan die fees gegee. Die volgende twee Saterdae se boeremusie­kprogram wat tussen 14:00 en 15:00 op RSG uitgesaai word, gaan musiek wat by die Grootvoëlf­ees gespeel is, uitsaai.

Volgens Sarie Emmerich, een van die organiseer­ders was die kuiersaal by Brian’s Grill Vrydagaand so vol dat ekstra sitplek vir Saterdag voorsien is.

Die eerste Grootvoël-boeremusie­kfees is ‘n paar jaar gelede deur die sakeman Willem Marais gereël. Nadat hy ‘n werksaanbo­d in die buiteland aanvaar het, was daar vrese dat die fees sou doodloop. Die vrese is egter die afgelope naweek deeglik besweer en volgens die organiseer­ders begin hulle eersdaags reeds met reëlings vir aanstaande jaar se fees.

Marais was hierdie naweek in Oudtshoorn en soos met die vorige feeste was hy gereeld, soos wat dit ‘n liefhebber van boeremusie­k betaam, voor by die verhoog.

Een van die besoekers, Deon Smit, het in Bloemfonte­in van die fees gehoor en gewapen met sy kamera per motorfiets gereis om die fees by te woon.

Hy is Sondagogge­nd weer op sy ysterperd terug Bloemfonte­in toe.

 ??  ?? Die voete jeuk terwyl die Voorlopers die snare laat sing.
Die voete jeuk terwyl die Voorlopers die snare laat sing.
 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? Brian Minnie, Willie Marais en ‘n lid van die Kaaplandse-boereorkes Saterdag-aand.
Foto’s: Hannes Visser Brian Minnie, Willie Marais en ‘n lid van die Kaaplandse-boereorkes Saterdag-aand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa