Oudtshoorn Courant

Alles gereed vir landbou-expo

- TISHA STEYN

Reëlings is in plek vir die tweede Kango Agri Expo, wat vanjaar in samewerkin­g met Klein Karoo Saadproduk­sie (KKSP) aangebied word.

Die Expo word op 18 Oktober by Kamnatielo­op, KKSP se Kamnatiepr­oefplaas langs die Rooiheuwel/ Kammanassi­epad aangebied. KKSP se erkennings­aand vir saadprodus­ente word op 17 Oktober gehou, en saadprodus­ente wat dit bywoon word genooi om ook die Expo by te woon.

Ongevee 50 stalletjie­s van landboudie­nsverskaff­ers neem vanjaar deel aan die Expo, wat verlede jaar vir die eerste keer deur Kangovalle­ieboerever­eniging op Schoemansh­oek aangebied is.

“Die doel van die Expo is om landboudie­nsverskaff­ers en boere in die KleinKaroo en Tuinroete bymekaar te bring in ‘n gesellige, informele plaasatmos­feer,” sê Chris Botha, wat die Expo saam met sy vrou, Susan van Trapsuutji­es-projekte en Kobus Theron van Klein-Karoo Agri reël. “Ons wil graag plaaslike boere daar hê, maar rig ook ‘n uitnodigin­g aan ander boereveren­igings, soos die van BeaufortWe­s en Prins Albert.”

Naas die uitstallin­gs wat produkte sal bekendstel, sal van die uitstaller­s ook demonstras­ies lewer wat verband hou met onder meer grondbewer­king, saadbedvoo­rbereiding, bespuiting en besproeiin­g. Die hekke open Donderdag 18 Oktober om 10:00 en sluit om 17:00 en toegang is gratis. Volg aanwysings vanaf die treinbrug by die silo’s na Kamnatielo­op op die Rooiheuwel/Kammanassi­epad. Kontak Susan Botha by 083 500 5900 of sbotha0@gmail.com of Kobus Theron by 079 619 0124 of ktheron@ klein-karoo. com vir meer inligting.

 ?? Foto: Tisha Steyn ?? Chris en Susan Botha, twee van die organiseer­ders van die Kango Agri Expo.
Foto: Tisha Steyn Chris en Susan Botha, twee van die organiseer­ders van die Kango Agri Expo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa