Oudtshoorn Courant

Nog voer aan boere geskenk

- TISHA STEYN

Drie vragte voer, bestem vir boere van Herold en De Rust wat in die wurggreep van die voortslepe­nde droogte is, is Woensdagog­gend deur Gift of the Givers afgelewer.

Die drie vragte ronde bale ruvoer is deur boere van Mpumalanga, Gauteng en die Vrystaat geskenk. Gift of the Givers het hul eie vragmotors gebruik vir die vervoer daarvan, en Agri Wes-Kaap het die brandstof geborg.

Volgens Joey Potgieter, voorsitter van Agri Klein Karoo, wat die mees onlangse skenkings gekoördine­er het, moet 8090% van die lusernland­e langs die lengte van die Olifantsri­vier oorgesaai word.

“Planttyd vir lusern is verby vir vanjaar, en boere sal eers Maart weer kan saai – indien dit goed reën.

“As ons nou goeie opvolgreën kry, sal boere voergewass­e, soos sorghum, kan plant, maar dit sal eers teen November gesny kan word. Daarom is ons so dankbaar vir die voer wat boere landwyd vir ons skenk.”

Volgens Ali Sablay, koördineer­der van Gift of the Givers, het hulle ‘n lys van byna 40 dorpe se boeregemee­nskappe veral in die Noord-Kaap, Oos-Kaap en Klein-Karoo wat in nood verkeer. “Ons probeer ons bes om oral te help; namate die droogte voortduur, kom net nog meer gemeenskap­pe by.”

Volgens Sablay maak Gift of the Givers gebruik van hul eie vragmotors en brandstof wat uit hul eie fondse aangekoop word om die geskenkte voer na die dorpe in nood aan te ry. “Die skenking vir brandstof van Agri WesKaap is die eerste wat ons nog ontvang het.”

Meer as 20 vragte

Meer as 20 vragte voer is sedert einde Augustus deur die bemiddelin­g van verskillen­de droogtehul­p-instansies en individue in die Klein-Karoo afgelewer.

Dinsdag is twee vragte voer, deur bemiddelin­g van Boere in Nood uit Elliot en Barkley-Oos in die Oos-Kaap in BoKammanas­sie afgelewer.

Sondag is ‘n vrag, wat met AfriForum se hulp uit Aliwal-Noord in die OosKaap gebring is, is op Rooiheuwel­s afgelaai.

Verlede week is twee vragte, wat ook met die hulp van Boere in Nood bekom is, uit Amersfoort in Mpumalanga gestuur en op Volmoed afgelewer.

Vier vragte voer van Daniëlsrus in die Vrystaat, wat geskenk is deur familie en vriende van Koos Grundling, is ook Dinsdag op Armoed-Noord afgelewer.

Altesaam 13 vragte voer is einde Augustus deur bemiddelin­g van Burre Burger Droogtehul­p vir die boere van die onderste deel van die Olifantsri­vier naby Calitzdorp afgelewer.

Enigiemand wat voer, vragmotors of brandstof aan die boere van die KleinKaroo wil skenk, kan Helen Butler by Agri Klein Karoo se kantoor kontak by info@agrikleink­aroo.com of 044 279 1425.

Kontak Laubscher Coetzee by

082 898 5941 vir meer inligting oor die droogteram­pfonds Klein Karoo Drought Relief.

 ?? Foto: Tisha Steyn ?? Van die boere wat die voer van Gift of the Givers ontvang het.
Foto: Tisha Steyn Van die boere wat die voer van Gift of the Givers ontvang het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa