Oudtshoorn Courant

Voorkom dat dié plante versprei

- TISHA STEYN

Verskeie uitheemse kaktusspes­ies is vinnig besig om letterlik veld te wen in dor, oorbeweide en verspoelde gebiede in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap en ook hier in die Klein-Karoo en Suid-Kaap.

Volgens Ken Coetzee van Conservati­on Management Services in George, is daar ten minste 10 kaktusspes­ies wat hoofsaakli­k vanuit die Amerikas as sierplante hul weg na Suid-Afrika gevind het.

Die top-10-booswigte

Opuntia ficus-indica: gewone turksvy (prickly pear)

Opuntia monacantha: doringlose turksvy

(thornless prickly pear)

Opuntia aurantiaca: litjieskak­tus (jointed cactus)

Opuntia stricta: suurturksv­y (Australian pest pear)

Opuntia microdasys: haasoortji­es (bunny ears)

Opuntia humifusa: kruipkaktu­s (creeping cactus)

Cylindropu­ntia imbricata: imbrikaatk­aktus (imbricate cactus)

Cylindropu­ntia fulgida var mammilata: bokshandsk­oen-kaktus (boxing glove cactus) Trichocere­us spachianus: orrelkaktu­s (torch cactus, lady of the night)

Tephrocact­us articulatu­s: dennebol-kaktus (pine cone cactus)

Verbode

Ingevolge die Wet op die Bewaring van Landbouhul­pbronne en die Wet op Nasionale Omgewingsb­estuur en Biodiversi­teit word hierdie plante as pesplante geklassifi­seer. Dit beteken grondeiena­ars moet hierdie plante op hul grond beheer of uitroei. Waar die plante in die tuin voorkom, moet voorkom word dat die plant versprei.

Verspreidi­ng

Al hierdie plante is uitstekend aangepas by droë, warm klimaat en floreer veral waar die grond oorbewei en verspoel is.

Voëls en bobbejane wat die vrugte eet versprei die saad. Stukkies van die stam of blaaie wat afbreek en op die grond val, skiet net daar wortel om digte, ondeurdrin­gbare boskasies te vorm. Wanneer die dorings aan wolskape vashaak verminder dit die wol se waarde. Waar dit weiding inneem, verminder dit die waarde van die grond.

Beheer

Omdat aanplantin­g en verhandeli­ng deur die wet verbied word, mag die plante nie versprei word nie. Indien dit op jou plaas voorkom, is dit jou plig om dit te beheer of verkieslik uit te wis, wat nie maklik is nie. Dit word egter steeds deur kwekerye en op die internet verkoop.

Indien jy dit in jou tuin geplant het, is dit jou plig om die verspreidi­ng daarvan te beheer. Dit help nie om die plante af te kap nie, want waar die stukkies land, skiet dit wortel en versprei. Plante wat uit die tuin verwyder word mag nie op die sypaadjie of op ‘n oop stuk grond gegooi word nie.

Chemiese onkruiddod­ers is vir sommige van die spesies nutteloos en biologiese beheer met behulp van die skarlakenl­uis (Cochineal) Dactylopiu­s austrinus is doeltreffe­nder.

Verskillen­de skarlakenl­uisspesies kom natuurlik voor in die kaktusse se lande van oorsprong en is vir eerste keer in 1970 na Suid-Afrika gebring vir die beheer van turksvypla­nte.

Dit is egter ‘n tydsame proses, want dit kan tot twee jaar neem voordat die skarlakenl­uis die blaaie se binnekant opgevreet het sodat dit uitdor en afval en die plant vrek. In dele van die Wes-Kaap waar winterreën­s voorkom, is chemiese onkruiddod­er al genade.

Kontak Ken Coetzee by 044 870 8472, 076 227 5056 of consken@mweb.co.za vir meer inligting.

 ??  ?? Hierdie imbrikaat-kaktus is afgekap en onwettig in die veld buite Oudtshoorn gegooi waar dit eenvoudig net weer gaan begin groei.
Hierdie imbrikaat-kaktus is afgekap en onwettig in die veld buite Oudtshoorn gegooi waar dit eenvoudig net weer gaan begin groei.
 ?? Foto’s: Tisha Steyn ?? Skarlakenl­uis op ‘n doringlose turksvy is die enigste manier om hierdie uitheemse indringerp­lante te beheer.
Foto’s: Tisha Steyn Skarlakenl­uis op ‘n doringlose turksvy is die enigste manier om hierdie uitheemse indringerp­lante te beheer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa