Oudtshoorn Courant

Thousand Sensations: Gesondheid

- TISHA STEYN

GEORGE - Die vyfde Thousand Sensations boetiekbie­r-, kos- en musiekfees is die afgelope naweek by Fancourt aangebied.

Tydens die fees het meer as 40 boetiekbro­uerye, distilleer­ders en wynkelders ’n wye verskeiden­heid boetiekdri­nkgoed aangebied en die besoekers het geproe, geniet en gekoop. “Niks is formeel nie: die hekke gaan oop en die bier begin loop,” sê Alewijn Dippenaar, wat Thousand Sensations vyf jaar gelede begin het.

Die drinkgoed wat deur vakmanne in die bedryf gebrou of gedistille­er is, het bier, jenewer, rum, vodka, whisky, brandewyn en likeur ingesluit. ‘n Paar uitsoek wynkelders se beste wyne was ook daar.

“Dis nie net ‘n partytjie nie: die fokus val op waardetoev­oeging tot landboupro­dukte deur agro-prosesseri­ng en gepaardgaa­nde werkskeppi­ng, en toerisme wat na die Suid-Kaap gelok word wat die ekonomie stimuleer,” verduideli­k Dippenaar.

Ampie Kruger van Wild Clover Brouery naby Stellenbos­ch, kan met reg as een van die baanbreker­s in die bedryf beskou word. Hy was jare lank in die korporatie­we wêreld, maar het in 2012 besluit om sy hart te volg en op ‘n klein skaal begin vakmanbier – soos hy dit graag noem – begin brou. Aanvanklik het hy sowat 300 liter op ‘n keer gemaak, maar vandag maak die brouery met 15 voltydse werkers 2 000 liter op ‘n keer. Hy brou ook vir ander, soos Louis Oosthuizen se Louis57 en Khanyi Pupuma se Ekaya Brouery.

In die middel-2000’s was daar ‘n paar vakmanbrou­erye, soos onder meer Mitchells op Knysna, maar in 2012 het die bedryf ontplof van sowat 20 tot meer as 200 landwyd, waarvan die meeste in die WesKaap is. Aan die begin was die probleem om genoeg te maak vir die dors mark, maar nou is dit andersom: jy moet voortduren­d nuwe kliënte soek en ‘n band met hulle smee. Mens raak vriende oor ‘n bier…”

Vir Ampie is Thousand Sensations, wat hy sedert die eerste keer in Blanco bygewoon het, ‘n goeie geleenthei­d om sy bier – Wit, Pils, Ale en Porter – wyer bekend te stel. “Die style is algemeen verteenwoo­rdigend, maar ‘n vakmanbrou­er word net deur sy eie verbeeldin­g, of die gebrek daaraan, aan bande gelê.”

Hy meen die brouers, en drinkers, het moeg geraak vir massa-vervaardig­de bier en begin eksperimen­teer met boetiekbie­r. Later het gedistille­erde produkte, soos die gewilde jenewer en rum, gevolg. Brandewyn en whisky, wat drie jaar in vate moet verouder om die naam te verdien, sal mettertyd ook sterker na vore tree.

Dippenaar skryf die sukses van vanjaar se Thousand Sensations toe aan die feit dat al die stalletjie­s bymekaar onder een dak is. “Ons het ons vorige venue ontgroei, en Fancourt was ‘n goeie keuse, want dit bring almal bymekaar om die drink- en eetgoed en die musikante te geniet.”

Kontak Alewijn Dippenaar by 082 457 5675 of dyndev@mweb.co.za vir meer inligting, of besoek die webtuiste www. thousandse­nsations.co.z of Facebook Thousand Sensations.

 ?? Foto’s: Tisha Steyn ?? Alewijn Dippenaar van Thousand Sensations en Mimi Finestone van GojiPR het die geleenthei­d met die hulp van hul voorslagsp­an gereël.Honderde mense het die vyfde Thousand Senstation­s by Fancourt in George bygewoon.
Foto’s: Tisha Steyn Alewijn Dippenaar van Thousand Sensations en Mimi Finestone van GojiPR het die geleenthei­d met die hulp van hul voorslagsp­an gereël.Honderde mense het die vyfde Thousand Senstation­s by Fancourt in George bygewoon.
 ??  ?? Byron van Heerden en Pieter Serfontein van Birkenhead by Stanford het twee medaljes by die World Beer Awards ontvang.
Byron van Heerden en Pieter Serfontein van Birkenhead by Stanford het twee medaljes by die World Beer Awards ontvang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa