Oudtshoorn Courant

George Herald-nagwedloop lok 250 atlete

-

Die gewilde George Herald 10 km-nagwedloop, Run with the Stars, wat voorverled­e Donderdaga­and in ‘n feestelike atmosfeer by Glenwood House plaasgevin­d het, het 250 padatlete gelok.

Die wedloop, wat deur George Herald geborg is in samewerkin­g met Oakhurst Insurance Eden Xperience, het in ideale weer plaasgevin­d. Nedbank SWDatletie­kklub het die wedloop uiters suksesvol aangebied.

Die 29-jarige, Lloyd Bosman van Nedbank SWD was eerste oor die wenstreep in 30:31. Sy spanmaats John April (32:07) en Francois Maquassa (32:23) het hom gevolg.

Die Nedbank SWD-atlete, Melissa van Rensburg (39:34), junior Stephany Petro (39:43) en Anastasia Plaatjies (41:40) het oorheers in die opeafdelin­g vir vroue.

Die talentvoll­e stappers van Nedbank SWD, die 19-jarige Maxwell Brown, ‘n gr. 12-leerder by Parkdene Sekondêr en die 17-jarige Nolene van Rensburg,

‘n gr. 11-leerder by Hoërskool Outeniqua, was baas in die opeafdelin­g vir mans en -vroue.

Kategoriew­enners 10 km: Junior mans:

1. Christiaan Lingerveld­t, Nedbank SWD (35:11), 2. Sibonele Human, Knysnamara­thonklub (35:21).

Ope mans:

1. Lloyd Bosman, (30:31), 2. John April (32:07), 3. Francois Maquassa (32:23) almal van Nedbank SWD.

Veterane:

1. Mario Rossouw (40:15), 2. Wayne Windwaai (42:54) beide van Nedbank SWD.

Meesters:

1. Selwyn Losper (37:04), 2. Anton Chevalier (39:37) beide Nedbank SWD. Grootmeest­ers:

1. Patrick Rawlins, Outeniqua Harriers (42:24), 2. Sidwell Oktober, Rainbow-atletiekkl­ub (44:03).

Groot-grootmeest­ers:

1. Leslie Martin, Nedbank SWD (58:37), 2. Maurice Wicomb, Oudtshoorn-atletiekkl­ub (1:13.00).

Stappers:

1. Maxwell Brown (57:40), 2. Johan Nieman (1:16.19), beide van Nedbank SWD.

Junior vroue:

1. Stephany Petro (39:43), 2. Candice van Beulen (42:17) beide Nedbank SWD.

Ope vroue:

1. Melissa van Rensburg (39:34), 2. Stephany Petro (39:43), 3. Anastasia Plaatjies (41:40) almal van Nedbank SWD.

Veterane:

1. Chandré Boshoff, Outeniqua Harriers (47:50), 2. Diana Mouton, Nedbank SWD (56:54).

Meesters:

1. Alison Jordaan (46:17), 2. Sharon Losper (50:13) beide Nedbank SWD.

Grootmeest­ers:

1. Annatjie Botes (44:21), 2. Mariette de Haan (54:49) beide Nedbank SWD.

Groot-grootmeest­er:

Daleen le Roux, Nedbank SWD (1:17.54).

Stappers:

1. Nolene van Rensburg (57:41),

2. Liezel van Wyk (1:05.04) beide Nedbank SWD.

 ??  ?? Die Nedbank SWD-atlete, Melissa van Rensburg (middel), die junior Stephany Petro (regs) en Anastasia Plaatjies (naaslinks) het oorheers in die opeafdelin­g vir vroue. By hulle staan Peter Grindlay van Oakhurst Insurance, hoofborg van die EdenExperi­ence, het die pryse oorhandig.
Die Nedbank SWD-atlete, Melissa van Rensburg (middel), die junior Stephany Petro (regs) en Anastasia Plaatjies (naaslinks) het oorheers in die opeafdelin­g vir vroue. By hulle staan Peter Grindlay van Oakhurst Insurance, hoofborg van die EdenExperi­ence, het die pryse oorhandig.
 ??  ?? Ferdinand Schreck van die Suid-Afrkaanse nasionale weermag op Oudtshoorn (SANDF) nader die 10 km-eindpunt.
Ferdinand Schreck van die Suid-Afrkaanse nasionale weermag op Oudtshoorn (SANDF) nader die 10 km-eindpunt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa