Oudtshoorn Courant

Afrigtings­konferensi­e dui rigting aan

- DAVE VAN DER WALT

Die Eden-sportraad (EDENSR) se eerste afrigtersk­onferensie is as deel van die Mosselbaai-sportfees op 19 September in Mosselbaai aangebied. Meer as 70 afrigters van 27 sportfeder­asies het die geleenthei­d gehad om insette te lewer en die rigting te bepaal waarheen sportafrig­ting in Eden op pad is. Verskeie topafrigte­rs het aanbieding­s gedoen oor aktuele sake in afrigting.

Desmond Speelman, voorsitter van EDENSR, het in sy openingsre­de na heelwat van die uitdagings in afrigting verwys. Hy het dit ook duidelik gestel dat die naam Edensportr­aad van krag sal bly nadat die naam van die streek onlangs verander het. Groot koste, tyd en energie is destyds aangegaan om van die ou SWD na die Eden-naam oor te skakel en volgens hom is daardie proses nog nie eens heeltemal afgehandel nie.

Trevor Davis, nasionale afrigter van Rolbal SA, het die Nasionale Afrigrings­raamwerk aan die konferensi­e voorgehou. Dit het duidelik na vore gekom dat die raamwerk nog ver van implemente­ring is en dat daar veral weer na die vrywillige­rafrigter in die raamwerk gekyk moet word. Ook die geweldige hoë kostes om te registreer en te akkreditee­r, gaan veral hierdie korps negatief beïnvloed.

Gary Hampson, afrigter van die SWDkrieket­span, het ‘n puik aanbieding, Uitnemendh­eid in DSF – wat is nodig, gelewer wat opgevolg is deur "Edensporta­kademie – wat dit bied” deur André Alexander. Ander sprekers was Elma Davis, Protea-rolbalspel­er en Claudio Miller. Protea-lewensredd­eringsafri­gter, Abrie de Swardt ([EDENSR Afrigtersk­ommissievo­orsitter) en adv. Lwandiso Kwababana (WK Afrigtersk­ommissie-voorsitter) wat aangenaam verras was met wat die afrigtings­truktuur in Eden alreeds tot stand gebring het, en hy het ook genoem dat die Wes-Kaapstrukt­uur heelwat uit hierdie konferensi­e kan neem en daarop voort te bou.

Morné Pietersen, EDENfm-bestuurder, het as programdir­ekteur opgetree.

Van die belangriks­te punte wat uit die afrigtersk­onferensie voortgespr­uit het, is:

Die rol van die vrywillera­frigter word geweldig onderskat;

Die opgraderin­g van ‘n databasis vir afrigters waar Eden se verouderde databasis van meer as 1 400 afrigters dringend aangepas moet word. Dit geld ook vir elke sportfeder­asie in Eden;

Die nasionale langtermyn ontwikkeli­ngsproses vir afrigters het ernstige gebreke en is meer as twee jaar agter skedule;

Damesafrig­ters se ontwikkeli­ng moet ernstige aandag geniet en prioriteit wees;

Enige afrigter wat met kinders o.16 werk moet ‘n polisiekla­ring besit om te mag afrig;

Oplossings en fondse moet gevind word om afrigting en afrigters volhoubaar te ontwikkel en te akkreditee­r;

So ‘n konferensi­e behoort ‘n jaarlikse instelling te word.

Die volgende groot projek van die EDENSR Afrigtersk­ommissie is die jaarlikse “Coaches High Performanc­e Workshop” wat op Saterdag 20 Oktober by die Edensporta­kademie op Oudtshoorn aangebied word.

Vir navrae skakel Abrie de Swardt by 072 348 1961.

 ??  ?? Die organiseer­ders van die afrigtinsk­onferensie is, van links: Dave van der Walt, Trevor Davis, Abrie de Swardt, Gary Hampston, Elma Davis en Desmond Speelman
Die organiseer­ders van die afrigtinsk­onferensie is, van links: Dave van der Walt, Trevor Davis, Abrie de Swardt, Gary Hampston, Elma Davis en Desmond Speelman
 ??  ?? Afrigters van 27 verskillen­de sportfeder­asies het die afrigtings­konferensi­e bygewoon.
Afrigters van 27 verskillen­de sportfeder­asies het die afrigtings­konferensi­e bygewoon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa