Oudtshoorn Courant

Modelvlieg­tuigies reusesukse­s

- LIEZL VAN NIEKERK

Bykans 200 skaalmodel­vliegtuie het die afgelope naweek toeskouers by die Oudtshoorn-lughawe met hul lugtoertji­es vermaak.

Om die vliegtuigi­es te kan vlieg is egter nie so maklik soos wat dit lyk nie.

André le Roux, 'n lid van die Kangovlieg­klub, sê dit verg inspanning en baie konsentras­ie om so 'n vliegtuigi­e in die lug te hou.

"Net soos 'n groot vliegtuig moet mens ook 'n lisensie hê om die vliegtuigi­es te vlieg. Daar is baie reëls wat jy moet volg en jy moet nogal weet wat jy doen. Jy moet aan 'n klub behoort en jy moet by SAMAA (South Africa Model Airline Assosiatio­n) geregistre­er wees."

Le Roux sê skaalmodel­vliegtuigi­es is vir entoesiast­e 'n heerlike stokperdji­e om te beoefen.

"Dit is veral lekker om dit saam met familie te doen. Meeste vlieëniers 'erf' die liefde van hul pa's af. Ek het al vandat ek in doeke is saam met my pa gaan vlieg en vlieg op my eie sedert ek nege jaar oud is. Ek was twaalf toe ek my eerste lisensie gekry het en het nou 'n intrukteur­slisensie."

Le Roux, wat by Star Light Aviation vir sy amptelike vlieglisen­sie studeer, sê geleenthed­e soos die van die afgelope naweek is 'n fantasties­e geleenthei­d vir almal wat in vliegtuie belangstel.

"Elke vliegtuig wat by 'n skaalmodel­vliegtuig geleenthei­d vlieg moet 'n skaalmodel van 'n groter, regte weergawe wees. Dit is nogal interessan­t om te sien waarmee die mense kom vlieg. Baie van die mense bou self, wat beteken dat hulle elke skroefie self bestel en indraai en elke plankie self saag, gom en verf. Enigiemand wat belangstel kan met die vlieëniers oor hul spesifieke model gesels," vertel Le Roux.

Hy het die afgelope naweek met 'n skaalmodel van 'n Viper gevlieg wat deur China aan hom geborg is.

Jaco Erasmus, voorsitter van die Kangovlieg­klub wat die naweek gereël het, sê dit was 'n reusesukse­s.

"Daar was 72 vlieëniers van oor die land. Die atmosfeer onder die mense was fantasties en die weer het lekker saam gespeel."

Die naweek is met 'n prysuitdel­ing afgesluit waar 26 vlieëniers wisseltrof­eë ontvang het.

"Volgende jaar is die groot een. Dit is die 50ste Skaalmodel­vliegtuig geleenthei­d in Oudtshoorn en dit groei by die jaar. Ons beoog om volgende jaar ook internasio­nale vlieëniers te nooi."

 ??  ??
 ?? Foto: Verskaf
Foto’s: Ebenezer Titus ?? André le Roux saam met sy Viper. Van die vliegtuigi­es wat die afgelope naweek te sien was.
Foto: Verskaf Foto’s: Ebenezer Titus André le Roux saam met sy Viper. Van die vliegtuigi­es wat die afgelope naweek te sien was.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa