Oudtshoorn Courant

Onduidelik­heid oor borde

- HANNES VISSER

Dit is tans onduidelik hoe lank die aantal advertensi­eborde wat by die T-aansluitin­g met die George-pad verwyder is, nog in die veld gaan lê. Met ‘n vorige berig ten tye van die verwyderin­g van die borde het die Oudtshoorn Courant berig dat die eienaar van die grond waar die borde opgerig was, deur die provinsial­e departemen­t van vervoer kennis gegee is om die borde te verwyder.

Op navraag is daar aan die Oudtshoorn Courant gesê dat dit onwettig is om enige advertensi­eborde langs nasionale paaie op te rig. Verskeie motoriste het die afgelope twee maande gevra waarom die borde verwyder is en nou net in die veld lê. Volgens die eienaar van die grond het hulle geregistre­erde briewe vanaf die provinsial­e vervoer se kantoor op Oudtshoorn ontvang om die borde te laat verwyder.

“Ons het gehoor gegee en ‘n maatskappy opdrag gegee om die borde af te haal, maar ons voel dat daar teen ons gediskrimi­neer word aangesien daar oral in die omgewing ander advertensi­eborde is wat nie verwyder moet word nie. Ons het herhaaldel­ik gevra waarom net daardie borde verwyder moes word en ons het nog nie ‘n antwoord gekry nie,” het hy in ‘n telefonies­e gesprek gesê.

Dié vraag is twee weke gelede deur die Oudtshoorn Courant aan die woordvoerd­er van minister Donald Grant, provinsial­e minister van vervoer en openbare werke, gestuur, maar geen reaksie is ontvang nie. Intussen het die eienaar van die grond aangedui dat die borde daar bly terwyl die proses waarmee hulle besig is aan die gang is.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Die advertensi­eborde in die veld meer as twee maande nadat hulle in opdrag van die departemen­t van vervoer verwyder is.
Foto: Hannes Visser Die advertensi­eborde in die veld meer as twee maande nadat hulle in opdrag van die departemen­t van vervoer verwyder is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa