Oudtshoorn Courant

Gewilde leesfees eersdaags in Prince Albert

- MARLENE MALAN

Die sewende Prince Albert Leesfees vind vanjaar weer gedurende die eerste naweek van November plaas.

Die uitgebreid­e program van boekbekend­stellings en -bespreking­s is gereed en kaartjies kan van dié naweek af aanlyn gekoop word.

Die Leesfees trek vanjaar ’n splinternu­we baadjie aan deur die geleenthei­d na die dorp se skouterrei­n te verskuif, omdat dit te omvattend geword het vir die venue van die vorige ses jaar, die Jans Rautenbach Schouwburg. Alle boekbespre­kings vind in die SPS Luttig-saal van die gebouekomp­leks op die skouterrei­n plaas.

Nog ’n veranderin­g is dat die dorp se top-kosmakers nou die geleenthei­d gaan kry om hul talent ten toon te stel deur ’n verskeiden­heid van hul spesialite­itsdisse te koop aan te bied. ’n Kontantkro­eg sal beskikbaar wees.

Een van hoogtepunt­e vanjaar is die deelname van die gewilde spanningsv­erhaalskry­wer Deon Meyer. Die Wes-Kaapse minister van kultuursak­e en sport, Anroux Marais, gaan by die amptelike openingsge­leentheid ’n toekenning aan hom oorhandig vir sy bydrae tot die skryfkuns en die Suid-Afrikaanse leeskultuu­r.

Soos altyd is die hoof-oogmerk die bekendstel­ling van nuwe boeke by die Leesfees, saam met interessan­te aktuele bespreking­s. Die meeste genres word gedek: digkuns, geskiedeni­s, kos, spanningsv­erhale, liefdesver­hale, religie, leefstyl, omgewing, biografieë, politiek, sielkunde en filosofie.

Hoewel die amptelike opening op Vrydag

2 November is, stel een van Prince Albert se toprestaur­ante, African Relish, die vorige laatmiddag sy eie kosboek hier bekend. African Relish: A collection of recipes, memories and experience­s from a Karoo

town se teks is geskryf deur die bekende kosskrywer en fotograaf Russel Wasserfall, saam met Lisa Key, met foto’s deur Sam Reinders, Sean Furlonger, Simon Key, Kleinjan Groenewald en Love Made Visible. Kaartjies na hierdie spoggeleen­theid kos R125, wat wyn en geregte uit die boek insluit.

Onderwyser­s vanoor die hele streek word uitgenooi om op dié middag ’n aanbieding deur Marisca Coetzee van die Leeslabora­torium van die Universite­it van Stellenbos­ch by te woon wat handel oor die ontwikkeli­ng van ’n aktiewe lees- en leerstrate­gie: “Hoe om leerders van passiewe in aktiewe lesers te verander” (kaartjies kos R10 elk).

Musiek by vanjaar se Leesfees word verskaf deur die orkeste Hatchetman, Orrwelling­ton, met Hannes Coetzee (lepelkitaa­rspeler) en Loit Sôls (ghoemadigt­er).

Hou Prince Albert Leesfees se webblad (www.princealbe­rtleesfees.org) en Facebook-blad dop vir die volledige program. Besoek ook www.princealbe­rt. org en www.princealbe­rtaccomm. co.za om plek te bespreek vir verblyf; en www.showroomth­eatre.co.za vir musiekbesp­rekings. Vir plekbespre­king vir die onderwyser­saanbiedin­g, skryf aan christelle­smit08@gmail.com

Of laai die fees-toep (App) af by GooglePlay: Prince Albert Leesfees

 ?? Uittogboek. Foto: Barry Lamprecht. ?? Die digters Johan Myburg en Daniel Hugo by verlede jaar se Leesfees, in gesprek oor Myburg se bundel
Uittogboek. Foto: Barry Lamprecht. Die digters Johan Myburg en Daniel Hugo by verlede jaar se Leesfees, in gesprek oor Myburg se bundel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa