Oudtshoorn Courant

Inwoners mor oor brandstigt­ing

- HANNES VISSER

Die vinnige optrede van inwoners van die

Karoopark aftreedorp­ie in Rademeyers­traat het voorkom dat ‘n brand by ‘n huis versprei.

‘n Buurvrou het omstreeks 21:20 besef die houtdek van ‘n huis naby haar is aan die brand. Sy het alarm gemaak en saam met nog bure die brand met emmers en skottels vol water probeer blus terwyl daar op die brandweer gewag is. Die brandweer kon daarin slaag om die brand te blus voordat dit na die binnekant van die huis versprei. Volgens die inwoners, wat verkies om nie hulle name bekend te maak nie, is Saterdagaa­nd se brand reeds die vierde voorval van brandstigt­ing in die oord.

‘n Egpaar wat naby die beskadigde huis bly het gesê almal in die oord het ‘n sterk vermoede wie die brand gestig het, aangesien daar al vorige voorvalle was. Volgens hulle is nog ‘n buurhuis se dek sowat drie weke gelede aan die brand gesteek, maar die eienaar kon dit betyds blus.

By nadere ondersoek is gevind dat daar ook ‘n poging was om die agterdeur van die huis aan die brand te steek. Daar was glo ook ‘n ruk gelede pogings om ‘n karavaan wat in die oord gestaan het aan die brand te steek. Die persoon wat van die voorvalle verdink word huur ‘n huis van ‘n familielid in die oord. Die polisie het tevergeefs probeer om met die persoon, wat deur die inwoners verdink word, te praat aangesien sy nie reageer het toe daar verskeie kere aan haar deur geklop is nie.

Net voordat die Oudtshoorn Courant die perseel verlaat het en nadat die brandweer en polisie reeds onttrek het, het die vrou egter in haar nagklere uitgekom en beweer dat sy glad nie gehoor het dat iemand aan haar deure klop en by vensters roep nie.

In ‘n gesprek met ‘n woordvoerd­er van die trusteeraa­d het die persoon gesê die trustees het verlede week, voor die jongste voorval, reeds vergader om die kwessie te bespreek. “Ons het ‘n sterk vermoede wie verantwoor­delik is vir die voorvalle en ons kan bevestig dat dit beslis nie iemand van buite is wat onregmatig tot die perseel toegang verkry het nie.

“Ons kyk dringend na die saak in belang van al die inwoners.”

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Die houtdek van ‘n huis in Karoopark wat Saterdagaa­nd aan die brand gesteek is.
Foto: Hannes Visser Die houtdek van ‘n huis in Karoopark wat Saterdagaa­nd aan die brand gesteek is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa