Oudtshoorn Courant

Phillip Jacobs tree af

- LIEZL VAN NIEKERK

‘n Legende in die polisiedie­ns, ajudantoff­isier Phillip Jacobs (60), het na 38 jaar afgetree.

Jacobs het as jong polisieman by die spoorweg-polisie aangesluit. Hy was later ‘n speurder en vir die afgelope 14 jaar was hy ‘n bekende gesig by die gesins- en kinderdien­ste-eenheid (FCS).

Hìèr het hy bietjie meer as 350 sake suksesvol gesluit.

“Die hoogtepunt van my loopbaan was elke keer wat ek ‘n misdadiger voor die hof kon bring. Dit is ‘n fantasties­e gevoel om te weet ek kan die gemeenskap dien en beskerm. Die ander hoogtepunt was natuurlik die samewerkin­g tussen my, my kollegas en die gemeenskap.”

Jacobs sê hy wil graag die jong polisieman­ne- en vroue aanmoedig om altyd pligsgetro­u in hul werk te wees.

“Dien en beskerm die gemeenskap met trots. Wees altyd eerlik en opreg en moenie korrup wees nie. Om ‘n polisieman te wees is ‘n belangrike werk en moet met trots gedoen word.”

Jacobs sê hy sal steeds die gemeenskap dien en beskerm.

“As afgetrede polisieman kan mens nog enigetyd teruggeroe­p word vir sekere dienste, maar om te dien en beskerm is wie ons is.”

Vir sy aftrede het Jacobs nog nie planne gemaak nie.

“Ek dink nog wat ek gaan maak. Sover rus ek nog en geniet die vryetyd.”

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Adjudant-offisier Phillip Jacobs.
Foto: Liezl van Niekerk Adjudant-offisier Phillip Jacobs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa