Oudtshoorn Courant

Wegholtrok op Robinsonpa­s

- NICKEY LE ROUX

Marco Louw en sy eggenoot het wonderbaar­lik oorleef toe hul vragmotor Saterdag omstreeks 11:00 op die Robinsonpa­s onklaar geraak en digby die ingang na Ruiterbos omgeslaan het.

Volgens ‘n ooggetuie, Stephan Terblanche, was dit net genade dat die insittende­s die ongeluk oorleef het.

Die vragmotor en twee waens, wat staalstruk­ture van etlike tonnemaat vervoer het, het Saterdagog­gend, 29 September teen die bloekombom­e by die ingang na Ruiterbos op die R328 te lande gekom. Louw, die eienaarbes­tuurder van die vragmotor het sover bekend ‘n been in die voorval gebreek, en sy eggenoot het ‘n enkel en skouerbese­ring opgedoen. Beide is na die Mosselbaai-hospitaal vir behandelin­g geneem.

Terblanche het met die grootste lof van ‘n lid van die KwaNonqaba-polisie wat die toneel hanteer het, gepraat.

“Die polisielid het werklik die ekstra myl geloop. Hy het verseker dat die Louw-egpaar se persoonlik­e besittings beveilig word en het dit aan hulle terugbesor­g. Hy het selfs tussenbeid­e getree toe ‘n omstander ‘n deel van die vragmotor wederregte­lik wou verwyder en ook dit aan die egpaar besorg.”

‘n Inwoner van Oudtshoorn het oor die pas agter die trok gery en telefonies aan die Oudtshoorn Courant vertel dat rook skielik by die trok uitgeborre­l het en kort daarna het onderdele van die vragmotor in die pad beland.

Volgens haar het die vragmotorb­estuurder probeer stilhou, maar die trok het begin versnel. “Ek het self al swaarvragm­otors bestuur en dadelik besef die vragmotor het nie meer remme nie.”

Sy sê die vragmotorb­estuurder het op ‘n stadium aan die regterkant van die pad gery en dit het gelyk of hy die vragmotor teen die wal wil laat vasry om dit te stop. “Ek kon sien hy het werklik alles probeer om die vragmotor tot stilstand te bring en het toe by die draai net reguit gery om van die pad af te kom.”

Die ongeluksto­neel is eers sowat 20:00 op Saterdagaa­nd opgeruim.

 ??  ?? Sien meer foto’s by oudtshoorn­courant.comDie verwronge kajuit van die vragmotor waaruit twee mense lewendig gered is.
Sien meer foto’s by oudtshoorn­courant.comDie verwronge kajuit van die vragmotor waaruit twee mense lewendig gered is.
 ??  ?? Omstanders meen dit is net genade dat twee mense met slegs geringe beserings die ongeluk Saterdagog­gend in die Robinsonpa­s oorleef het.
Omstanders meen dit is net genade dat twee mense met slegs geringe beserings die ongeluk Saterdagog­gend in die Robinsonpa­s oorleef het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa